Landboumarkverslag: Maart 2026

Estimated reading time: 2 minutes

Die rand het gedurende Maart 2026 met sowat 92 sent teenoor die Amerikaanse dollar verswak en die maand afgesluit op R17,09 per Amerikaanse dollar. Teenoor die euro het die rand eweneens verswak, nadat Maart begin het op R18,92 per euro en geëindig het op R19,61 per euro. Die verbruikersprysindeks vir Februarie is bereken op 3%, wat laer is as die 3,5% wat in Januarie aangeteken is.

Die produsenteprysindeks toon ook ’n afname, met ’n daling van 2,2% in Januarie tot 1,8% in Februarie.

Mieliepryse styg effens

Die prys van geelmielies het gedurende die eerste deel van Maart gestyg, maar die maand slegs R2/ton hoër afgesluit as aan die begin daarvan, teen ’n prys van R3 264/ton.

Beeskarkaspryse wissel, speenkalfpryse styg

Die beeskarkaspryse vir Maart toon gemengde bewegings. A2-beeskarkasse het ’n daling van sowat R1,63/kg beleef en die maand afgesluit op ’n gemiddelde prys van R61,99/kg. Die gemiddelde prys van B2-beeskarkasse het ’n geringe styging van 5 sent/kg getoon en Maart afgesluit op R57,67/kg.

C2-beeskarkaspryse het ook effens gestyg, met ’n toename van 46 sent/kg om die maand op ’n gemiddelde prys van R56,92/kg af te sluit. Speenkalfpryse het sterker gevaar en met R1,92/kg gestyg, wat gelei het tot ’n gemiddelde prys van R41,81/kg teen die einde van Maart.

Skaapkarkaspryse daal steeds

Die gemiddelde prys van skaapkarkasse het gedurende Maart ’n daling getoon. Die gemiddelde prys van A2-skaapkarkasse het met sowat R1,77/kg afgeneem en die maand afgesluit op R101,29/kg. B2-skaapkarkasse het ook swakker gevaar, met ’n daling van R1,39/kg om Maart op ’n gemiddelde van R80,80/kg te beëindig.

Figuur 1: Die gemiddelde prys van A2-skaapkarkasse.

C2-skaapkarkasse het eweneens ’n afname in gemiddelde pryse getoon, met ’n daling van R1,50/kg tot R79,76/kg. Die gemiddelde prys van speenlammers het tot R47,28/kg gedaal, wat ’n afname van 49 sent/kg verteenwoordig.

Varkkarkaspryse styg

Daar is gedurende Maart ’n styging in die gemiddelde varkvleispryse waargeneem, met pryse wat met sowat 41 sent/kg toegeneem het tot ’n gemiddelde van R39,84/kg. – Carli Jacobs en Dr WA Lombard, Departement Landbou-Ekonomie, Universiteit van die Vrystaat.

Must read

Biosecurity under pressure: What it means for South African agriculture

Estimated reading time: 4 minutes Biosecurity has become one of the most pressing challenges facing South African agriculture in 2026. This is underscored by the...

Karoo Winter Wool Festival returns in 2026 – better than ever!

Estimated reading time: 5 minutes This July, all roads once again lead to the heart of the Karoo and the historic town of Middelburg in...

Oorvloedige reën bring hoop én uitdagings vir Noord-Kaapse produsente

Estimated reading time: 2 minutes Almal in die Noord-Kaap het verwag dat boere die winter met ’n swaar hart sou ingaan. Die reën het egter...

Stamboek Times Mei 2026

Die jongste weergawe van SA Stamboek se nuusbrief, Stamboek Times, is nou beskikbaar. In die Mei-uitgawe kan lesers uitsien na die volgende: BGP2: Jaar 3 skop...

Weeklikse weer met Johan van den Berg

Estimated reading time: 1 minute Johan van den Berg is weer terug op sy pos met sy weeklikse weersake-gesprek met Lise Roberts op RSG Landbou. Luister...