Estimated reading time: 2 minutes
Wanneer tien van die land se mees toegewyde Brangus-telers kragte saamsnoer om hul beste genetika by een veiling aan te bied, weet die bedryf dat dit ’n geleentheid is wat nie misgeloop kan word nie. Brocor Auctions bied die jaarlikse Reinet en Vriende Prestige Brangus-veiling aan op Donderdag, 1 Oktober 2026 om 11:00 by Sangiro Lodge. Die tema vir vanjaar is: “10 Telers met 1 visie.”
Hierdie samewerking bring stoettelers van regoor Suid-Afrika bymekaar, om hul mees uitgesoekte diere op die veiling aan te bied. Omdat die diere uit uiteenlopende streke en klimaatsones afkomstig is, beskik die diere oor uitsonderlike gehardheid en aanpasbaarheid – gereed om te presteer in enige omgewing waar hulle gevestig word.
Die veiling bied die ideale geleentheid vir veeleisende stoettelers en kommersiële beesprodusente om hul kudde se doeltreffendheid asook vleis- en melkeienskappe, na die volgende vlak te neem.
Die diere wat op aanbod is
- 35 Stoetbulle: Streng geselekteer vir vrugbaarheid, goeie temperamente, bespiering en beproefde teelwaardes om waarde tot enige kudde te voeg.
- 60 Vroulike diere: ’n Uitsonderlike seleksie van topgehalte-diere met uitstekende bouvorm en moedereienskappe.
Die gesamentlike visie van die tien telers is om die Brangus-ras funksioneel en doeltreffend te bevorder, om maksimum winsgewendheid vir die produsent in die stoetery en op die skaal te verseker.
Vir kopers wat nie die veiling fisies by Sangiro Lodge kan bywoon nie, is daar die opsie om aanlyn via Meerkat in te skakel, waar die veiling regstreeks uitgesaai sal word. Dit bied aan voornemende kopers landwyd die gerief om intyds van enige plek af te bie.
Veilingsbesonderhede
- Datum: Donderdag, 1 Oktober 2026.
- Tyd: 11:00.
- Plek: Sangiro Lodge.
Bie aanlyn: https://auctions.meerkatonline.co.za/auctions/1545
Moenie hierdie unieke geleentheid misloop om te belê in beproefde genetika wat reeds landwyd hulle staal gewys het nie. Vir navrae, veilingsvoorwaardes of om ’n katalogus aan te vra, kontak CR Botha by 079 051 5171.
