Verbind tot die optimalisering van boerderybedrywighede

Share This Post

Estimated reading time: 4 minutes

Landbou-energie-oplossings vir Suid-Afrikaanse produsente

Van hoë-prestasie smeermiddels en kommersiële grootmaatbrandstof tot LPG, sonkrag en vlootbestuur – ons dryf plaasproduktiwiteit reg oor Suid-Afrika.

Landbouers is die ruggraat van die Suid-Afrikaanse ekonomie. Hulle werk onverpoosd om gemeenskappe te voed, die ekonomie te ondersteun en grond vir toekomstige geslagte te bewaar. Agter elke suksesvolle boerdery is daar betroubare energie wat die ratte aan die draai hou – van trekkers en boorgate tot kweekhuise en graandroërs.

By TotalEnergies Marketing Suid-Afrika, gee ons graag erkenning vir hierdie sleutelrol wat boere speel en is ons daartoe verbind om hulle te ondersteun met energie-oplossings wat net so hard soos hulle werk. Met meer as 70 jaar se plaaslike ervaring agter die blad, kan boere vertrou op ons reputasie as ‘n verskaffer van hoë-prestasie smeermiddels, brandstof, gas en hernubare energie-oplossings wat vir die moderne landbou ontwikkel is.

Energie-oplossings vir landboubedrywighede

Of jy nou met pluimvee boer, gewasse verbou of ’n gemengde boerdery bedryf, jou onderneming is konstant onder druk. Doeltreffendheid is dus noodsaaklik en onderbrekings kos geld. Die regte energievennoot kan ’n wesenlike verskil maak.

Hoë-prestasie grootmaatbrandstof en smeermiddels

Landboutoerusting word aan strawwe toestande onderwerp en ons smeermiddels, wat ons Agri-reeks insluit, is ontwerp om die nodige beskerming te bied. Dit verminder slytasie, verleng die tydperk tussen dienste en verbeter betroubaarheid in die veld.

Ons brandstofaanbod sluit Excellium Pro-diesel in en is geformuleer om enjindoeltreffendheid te verbeter en jou toerusting se leeftyd te verleng. Dit beskerm noodsaaklike masjinerie en verminder die risiko van oponthoude tydens plant- en oestyd.

Vloot- en brandstofkaartbestuur vir plase

Die bestuur van ‘n vloot voertuie of trekkers bied talle uitdagings. Die TotalEnergies-vlootkaart vereenvoudig brandstofbestuur deur middel van veilige betalings, intydse verslagdoening en toegang tot meer as 660 diensstasies landswyd. Dit kan ook oorgrens in Namibië en Eswatini gebruik word. Beheer jou brandstofuitgawes en laat jou bedrywighede glad verloop met ons vlootkaart-oplossing.

LPG vir verhitting, droogaksies en verwerking

Ons LPG is ’n skoonbrandende, kostedoeltreffende energiebron wat geskik is vir verhitting, droogmaakprosesse en verwerking. Van pluimveebroeikaste en droogmasjiene tot warm water in die melkery – LPG bied ’n buigsame oplossing wat koste en emissies help verminder. Ons LPG-diens word gerugsteun deur installasiebystand en tegniese kundigheid vir optimale prestasie wanneer dit werklik saak maak.

Sonkrag vir plase, sonder aanvangskapitaal

Ons kragaankoopooreenkomste laat produsente toe om na sonkrag oor te skakel sonder enige aanvangsbelegging. TotalEnergies hanteer die installasie, bedryf en instandhouding van die stelsels; jy betaal net vir die energie wat jy verbruik. Jy verlaag dus jou kostes terwyl jy volhoubaarheid in die hand werk.

’n Verspreidingsnetwerk wat jou plaas bereik

Ons het een van die mees uitgebreide verspreidingsnetwerke vir brandstof, smeermiddels en gas in Suider-Afrika en verseker sodoende betroubare voorraad, daar waar dit nodig is – op plase, by koöperasies, silo’s en landbouverwerkingsfasiliteite. Ons spanne bied ook hulpmiddels en ondersteuning om verbruik te monitor, koste te bestuur en doeltreffendheid te verbeter.

Veiligheid, diens en tegniese ondersteuning

Al ons dienste en produkte word gerugsteun deur ons verbintenis tot veiligheid, gehalte en diens. Ons LPG-silinders word streng onderhou en voldoen aan nasionale veiligheidstandaarde, terwyl ons tegniese spanne landswyd beskikbaar is om jou te ondersteun – van brandstofberging tot hernubare energie-beplanning.

Jou vennoot in landbouvooruitgang

TotalEnergies is verbind tot die ondersteuning van Suid-Afrikaanse boere, vandag en in die toekoms. Van LPG en hoë-prestasie brandstof tot sonkrag en vlootoplossings – ons bied meer as blote energie. Ons is jou vennoot in vooruitgang.

Kom ontmoet ons span tydens Nampo Bothaville van 12 tot 15 Mei 2026 by stalletjies 18, 19 en 20 in die TotalEnergies-saal, en ontdek hoe ons jou plaas die toekoms in kan neem. – Richard Liefeldt

Besoek totalenergies.co.za vir meer inligting.

Related Posts

Weeklikse rooivleispryse / Weekly meat prices

Estimated reading time: 5 minutes Plaashekpryse/Farm gate prices Die jongste vleispryse...

Weeklikse weer met Johan van den Berg

Estimated reading time: 1 minute Johan van den Berg is...

Domestic pork industry carcass price statistics – Week 17 of 2026

The weekly pork carcass prices are brought to you...

SA goat breeds suit the Zimbabwean landscape

Estimated reading time: 7 minutes Pathisani Ncube has a wholly...

The South African rabbit meat industry in the spotlight

Estimated reading time: 7 minutes Rabbit meat is not as...

Bloednier: Die stille moordenaar onder kleinvee

Estimated reading time: 4 minutes Om vroeg in die oggend...