RSG Landbou: 28 April 2026

Share This Post

In vandag se RSG Landbou is daar terugvoer oor Gosa se 41ste simposium, ons hoor meer oor Melk SA se pogings om die melkbedryf wêreldwyd meer volhoubaar te maak, Qualitrio Bonsmaras se unieke produksieveiling wat op WhatsApp aangebied word en ons ontvang die nuuste wolmarkverslag.

Gosa 41ste simposium

Die Graanhanteringsorganisasie van Suid-Afrika (Gosa) fokus deurlopend op ’n doeltreffende voorsieningsketting om verbruikers te beskerm. Johan van Rensburg gesels oor hulle 41ste simposium wat in Mosselbaai gehou is.

Volhoubare melkbedryf

Dr Colin Ohloff van Melk SA vertel van pogings om die melkbedryf wêreldwyd meer volhoubaar te maak.

Qualitrio Bonsmaras hou aanlynveiling

Het jy geweet ’n veiling kan op WhatsApp aangebied word? Ons hoor meer oor Qualitrio Bonsmaras se unieke produksieveiling wat eersdaags plaasvind.

Jongste wolmarkverslag

En Heinrich Victor staan reg met die jongste wolmarkverslag.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Related Posts

Weeklikse rooivleispryse / Weekly meat prices

Estimated reading time: 5 minutes Plaashekpryse/Farm gate prices Die jongste vleispryse...

Weeklikse weer met Johan van den Berg

Estimated reading time: 1 minute Johan van den Berg is...

Domestic pork industry carcass price statistics – Week 29 of 2026

The weekly pork carcass prices are brought to you...

SA goat breeds suit the Zimbabwean landscape

Estimated reading time: 7 minutes Pathisani Ncube has a wholly...

Ontwikkel ’n skerp oog vir rasstandaarde en die metodiek van kleinveebeoordeling

Estimated reading time: 7 minutes Die vertoning en beoordeling van...

The South African rabbit meat industry in the spotlight

Estimated reading time: 7 minutes Rabbit meat is not as...