Monday, March 10, 2025
HomeAgri NewsSA Stamboek wys die room van sy Elite aan

SA Stamboek wys die room van sy Elite aan

Estimated reading time: 3 minutes

Elke jaar, tydens die Bloemskou, oorhandig SA Stamboek sy Elite-toekennings aan verdienstelike stoettelers tydens ‘n spoggerige aandfunksie. Tydens hierdie geleentheid word stoettelers vereer vir hulle nougesette rekordhouding en aantekening van prestasiedata op grond waarvan diere se meriete bereken word.

Erkenning vir aantekening

Volgens dr Japie van der Westhuizen, uittredende hoofbestuurder van SA Stamboek, is hierdie geleentheid die hoogtepunt op SA Stamboek se kalender. Eerstens, sê hy, gaan dit oor erkenning aan die beste telers wat hul diere-aantekening by SA Stamboek doen, asook die topdiere wat deur hierdie telers geteel word. Hierbenewens word ander toekennings ook gemaak, soos aan die mentorteler van die jaar en die beste opkomende stoetteler.

Tydens die geleentheid is die Presidentstoekenning aan die voormalige hoofbestuurder van SA Stamboek, dr Pierre van Rooyen, oorhandig. Op die foto staan hy tussen Koos Vosloo, huidige president, en dr Japie van der Westhuizen, hoofbestuurder.

“So, hoewel erkenning ‘n belangrike rede vir die geleentheid is, dien dit ook as aansporing vir die deeglike en tydige indiening van aantekeningdata sodat dit verwerk kan word. Maar daar is ‘n tweede stap hieraan gekoppel en dit is hoe daardie verwerkte data dan deur die teler gebruik word. Dit sien ‘n mens in die bestuursprogramme op die plaas en die verbetering van eienskappe soos vrugbaarheid in die kudde. Derdens word gekyk hoe die genetiese waardes wat deur die data gegenereer word, gebruik word om teeldoelwitte te bereik.”

Hoe lyk ‘n Elite-teler?

Stoettelers wat deurdring na die finale Elite-toekennings moet aan hierdie vereistes voldoen, maar ook aan ander prestasietoetse deelneem, soos groeitoetse, ultrasoniese skanderings en deesdae ook genomiese toetse. Al hierdie toetse, verduidelik hy, tel dan om die Elite-telers te identifiseer.

“Daar is ‘n tweede aspek wat punte tel en dit gaan oor vroulike reproduksie. Die onderliggende vraag hier is of die teler ‘n winsgewende onderneming bedryf. Die derde aspek wat punte tel is die genetiese vlak van die kudde, spesifiek die geneties-winsgewende aspekte van die kudde soos kilogramme per hektaar geproduseer (by vleisbeeste), en die winsgewendheidsindeks wat melkkoeie in ‘n winsgewendheidsrangorde op grond van haar melksamestelling en -gehalte asook gesondheidseienskappe.”

Dis hierdie aspekte wat die Elite-telers van die res onderskei, en aan wie dan erkenning by wyse van toekennings gegee word.

Genetiese vordering en mededinging

Dr van der Westhuizen het geen twyfel nie dat daar wel beduidende genetiese vordering in die stoetbedryf plaasvind. Genetiese vordering, sê hy, kan ‘n mens kwantifiseer – jy kan ‘n grafiek trek wat genetiese vordering oor die dekades duidelik aandui.

Die toekenning vir die Elite ontwikkelende stoetteler van die jaar het aan Kenneth Matswiri van Botswana gegaan. Hier staan hy tussen Mooy Mohape van MTN en dr Japie van der Westhuizen, hoofbestuurder van SA Stamboek. Kenneth bedryf die Cololo Santa-stoet.

“Daar is egter ‘n ander aspek wat toekennings soos hierdie verder waardevol maak, en dit is die kompetisie-aspek daarvan. As mense teen mekaar meeding, verhoog dit die gemiddelde standaard. Dit haal die beste uit die telers, en dryf hulle om nóg beter te doen, nóg beter diere te teel en ‘n verskil te maak aan die gehalte van hulle diere en die bedryf.” – Izak Hofmeyr, Veeplaas

Vir volledige inligting oor al die finaliste en wenners van vanjaar se SA Stamboek Elite-toekennings, laai die SA Stoetteler by enige van hierdie skakels af:

Jongste inligting help boere voor planttyd

Estimated reading time: 5 minutes Overberg Agri het onlangs sy jaarlikse voor-plant inligtingsdag by Rietpoel naby Caledon in die Suid-Kaap...

2025 Swellendam-skou: Skou tot voordeel van gemeenskap

Estimated reading time: 7 minutes Die 193ste Swellendam-skou, wat vanjaar van 27 Februarie tot 1 Maart gehou is, was ten...

2025 Riversdal-skou: Eg plattelands

Estimated reading time: 6 minutes Riversdal-skou met sy tema “Eg Plattelands” is vanjaar vir die 157ste keer gehou en het...

Katoen-verwysingsprys: Week van 3 tot 7 Maart

Die Suid-Afrikaanse Katoenprodusente-organisasie (SAKPO), met die ondersteuning van Katoen SA, het ’n platform geskep om elke week ’n gemiddelde...

RSG Landbou: 10 Maart 2025 – geborg deur BKB

Die Nasionale Dohne Merino-veiling, wat op 1 Februarie in Bloemfontein aangebied is, kan met ‘n 100%-verkoopsyfer spog en volgens...

Weeklikse rooivleispryse / Weekly meat prices

Estimated reading time: 5 minutes Plaashekpryse/Farm gate prices Die jongste vleispryse word weekliks aan u gebring deur Absa en die RPO....

Keep exploring...

Ekonomiese oorsig vir Maart: Landboumarkte wissel

Estimated reading time: 3 minutes Die rand het ‘n goeie maand ervaar tydens Maart en het deurlopend teenoor die dollar versterk en ‘n redelike stabiele...

Quarterly pork industry report – Quarter 1 2024

Estimated reading time: 2 minutes The quarterly pork industry report provides insights into the pig industry over the past quarter, covering several contributors to the...