RSG Landbou: 9 Maart 2026 – geborg deur BKB

In vandag se RSG Landbou vind ons uit waarom Suid-Afrikaanse olyfolie so duur is, die rol van beeste se vel en Ceres Fruit Growers se internasionale toekenning.

Waarom is Suid-Afrikaanse olyfolie so duur

Waarom is Suid-Afrikaanse olyfolie so duur? ‘n RSG Landbou-luisteraar het onlangs dié vraag gevra en in vanoggend se program verduidelik Wendy Petersen van SA Olive hoe pryse beïnvloed word.

Die rol van beeste se vel

Prof Michiel Scholtz van die Landbounavorsingraad gesels oor die rol wat die bees se vel in die dier se aanpasbaarheid speel. Watter velkleur dink jy is die meeste bestand teen hitte?

Ceres Fruit Growers ontvang ‘n internasionale toekenning

Ceres Fruit Growers het onlangs ‘n internasionale toekenning ontvang. Dié erkenning beklemtoon hierdie appel- en peerpakhuis se toewyding tot voedselveiligheid, gehalte en bedryfsbestendigheid. Ons praat met Joe Hanekom hieroor.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must read

RSG Landbou: 26 Augustus 2026

In vandag se aflewering van RSG Landbou vind ons meer uit oor predasiebestuur, die Rooivleisbedryfsdienste se betrokkenheid by die Wagyu Wêreldkonferensie, en ons ontvang...

LandbouRadio: 26 Augustus 2026

In Woensdag, 26 Augustus se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:Leon die skaapherder is eerste aan die woord met sy Woensdagwenk, en hy...

Lantana camara: Waak teen dié struik

Estimated reading time: 3 minutesLantana-vergiftiging is een van die algemeenste vorme van plantvergiftiging by vee en veroosaak lewerskade, geelsug en fotosensitiwiteit, en lei dikwels...

The ARC Beef Performers Awards 2026: Honouring excellence and progress

Estimated reading time: 4 minutesOn 26 November 2026, the Agricultural Research Council's Beef Cattle Improvement Scheme, in collaboration with the National Department of Agriculture,...

RSG Landbou: 25 Augustus 2026

In vandag se aflewering van RSG Landbou ontvang ons die nuutste wolmarkverslag, ons vind meer uit oor die Agri Mpumalanga se jongboer van die...