RSG Landbou: 8 Junie 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die stand van die wynbedryf, dr Shaun Morris se mening oor die hofuitspraak oor entstowwe teen bek-en-klouseer en ons ontvang die nuutste landbounuus.

Stand van die wynbedryf

Het jy geweet die glasbottel wat deesdae vir wyn gebruik word, weeg minder as ‘n paar jaar gelede? Dis deel van die plaaslike wynbedryf se pogings om sy impak op die omgewing te verminder. Die derde wynberaad is onlangs in Stellenbosch gehou en Rico Basson van South Africa Wine het daar met ons oor die stand van die bedryf gesels.

BEK hofuitspraak

Die stof het nog steeds nie gaan lê rondom die onlangse hofuitspraak oor entstowwe teen bek-en-klouseer nie. Dit het weer ter sprake gekom by die Desert Beef-dag op Upington. Bekende veearts en voerkraalkonsultant, dr Shaun Morris, was een van die gassprekers en ons het sy mening hieroor gevra.

Landbounuus

Moet ook nie hierdie week se landbounuus misloop nie.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Sosiale media en die reg: Wees baie versigtig

Estimated reading time: 4 minutesOmdat die akkuraatheid of waarheid van inligting selde gekontroleer of...

100 jaar van wolproduksie (Deel 5): Die boublokke van ’n welvarende land

Estimated reading time: 7 minutesDie Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) betree binnekort die volgende 100 jaar...

Lantana camara: Waak teen dié struik

Estimated reading time: 3 minutesLantana-vergiftiging is een van die algemeenste vorme van plantvergiftiging by...

RPO Vrystaat-kongres: Winsgewendheid, BEK en leierskap

Estimated reading time: 3 minutes’n Besigheid moet winsgewend wees om volhoubaar te funksioneer.Die Rooivleisprodusente-organisasie...