RSG Landbou: 8 Junie 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die stand van die wynbedryf, dr Shaun Morris se mening oor die hofuitspraak oor entstowwe teen bek-en-klouseer en ons ontvang die nuutste landbounuus.

Stand van die wynbedryf

Het jy geweet die glasbottel wat deesdae vir wyn gebruik word, weeg minder as ‘n paar jaar gelede? Dis deel van die plaaslike wynbedryf se pogings om sy impak op die omgewing te verminder. Die derde wynberaad is onlangs in Stellenbosch gehou en Rico Basson van South Africa Wine het daar met ons oor die stand van die bedryf gesels.

BEK hofuitspraak

Die stof het nog steeds nie gaan lê rondom die onlangse hofuitspraak oor entstowwe teen bek-en-klouseer nie. Dit het weer ter sprake gekom by die Desert Beef-dag op Upington. Bekende veearts en voerkraalkonsultant, dr Shaun Morris, was een van die gassprekers en ons het sy mening hieroor gevra.

Landbounuus

Moet ook nie hierdie week se landbounuus misloop nie.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Die Noordweste en sy mense

Estimated reading time: 5 minutesDie Boesmanland en Namakwaland in die Noordwes-Kaap is klipharde wêreld...

The middle ground is the best course

Estimated reading time: 7 minutesPieter Meyer believes that the modern grain producer is precision-oriented,...

Voerkorrels versus los voer vir herkouers

Estimated reading time: 6 minutesVoerkoste is die grootste enkele kostekomponent in die meeste veeboerderye....

Hou kop bo water dié El Niño-seisoen: Planne vir jou vee se waterbehoeftes

Estimated reading time: 6 minutesProdusente moet waterbeskikbaarheid en -gehalte deeglik in hul droogte- en...