RSG Landbou: 7 Oktober 2025 – geborg deur BKB

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor lamproewe oor voerdoeltreffendheid, Vlakte Bonsmara se bulveiling, en ons ontvang die nuutste wolmarkverslag.

Lamproewe oor voerdoeltreffendheid

Lamproewe oor voerdoeltreffendheid is onlangs vir die eerste keer in Afrika, op ‘n plaas in die Cradock-omgewing, gedoen. Die eienaar, Andrew Jordaan, gesels op die program oor die resultate, dr Fanie Steyn van Ramsem praat oor die metodologie wat gebruik is en Schalk de Villiers van Datamars Africa, verduidelik watter toerusting vir die proewe gebruik is.

Wolmarkverslag

Heinrich Victor is terug met die nuutste wolmarkverslag.

Vlakte Bonsmara bulveiling

Dan gesels ons ook met Kobus du Toit van Vlakte Bonsmara oor die aanbod van hul veiling wat op 17 Oktober in die Marble Hall-omgewing plaasvind.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must read

LandbouRadio: 7 April 2026

Estimated reading time: 1 minute In Dinsdag, 7 April se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: Johan gesels met dr Bobbby van der Westhuizen, hoofbestuurder...

RSG Landbou: 7 April 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die gemmerbedryf, die Nasionale Wolkwekersvereniging se 100ste bestaansjaar en ons ontvang die nuuste wolmarkverslag. Gemmerbedryf Niks...

RSG Landbou: 6 April 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die 2026 LRF Veeskool, AFSTA se kongres en ons skop af met ons nuwe...

LandbouRadio: 6 April 2026

In Maandag, 6 April se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: Ons skop af met onkruidkenner, prof Charlie Reinhardt, en hy gesels oor die...

‘n Tuli-kudde wat sy omgewing bemeester deur aanhoudende verbetering

Estimated reading time: 5 minutes Christo Rothmann van Bushman’s Mountain Tuli’s is in 2025 met die titel van Landbounavorsingsraad (LNR) Nasionale Vleisbeesverbeteringskudde van die Jaar...