In vandag se RSG Landbou ontvang ons die nuutste landbounuuus, ons vind meer uit oor die impak van verhoogde insetkoste en voedselpryse en daar is meer oor Rocklyn Boerdery.
Landbounuus
In vanoggend se RSG Landbou kom ons weeklikse landbounuus weer aan die beurt en ons hoor wat in die bedryf aangaan.
Impak van verhoogde insetkoste en voedselpryse
Het jy geweet dat wanneer verbruikers onder druk kom as gevolg van hoër voedselpryse, daar nié ‘n daling in die vraag na voedsel is nie, maar eerder ‘n verandering in aankoopgedrag? Dit kan vir die landbou nuwe geleenthede skep. Landbou-ekonoom, dr Johnny van der Merwe, het tydens die Sandveld Aartappelkwekersorganisasie se jaarvergadering hieroor gesels.
Rocklyn Boerdery
Moet ook nie ons gesprek met Deidré Viljoen van Rocklyn Boerdery in die Steynsburg-distrik misloop nie; sy wil ‘n verskil maak deur haar ervarings as plaasvrou en ma met ander te deel.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.


