RSG Landbou: 29 Januarie 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die kersiepruim en ons ontvang die nuutste landbouweervooruitsigte en vleispryse.

Kersiepruim

Het jy geweet die sogenaamde kersiepruim is tradisioneel eintlik net ingelê? Deesdae neem die kersiepruim se gewildheid egter onder verbruikers toe, hoofsaaklik as gevolg van ‘n maklike eetervaring. Michael Oosthuizen van International Plant Solutions praat oor die oorsprong van dié vrug en hy vertel hoe die plaaslike produksie daarvan lyk.

Nuutste weervooruitsigte

Dan hou talle graanprodusente in die somerreëngebiede hul asems op vir nog reën. Moenie ons gesprek met Johan van den Berg misloop nie.

Nuutste vleispryse

Chris Derksen is oudergewoonte op sy pos met die week se vleispryse.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must read

Agbiz Grain Quarterly May 2026

The May 2026 issue of Agbiz Grain Quarterly boasts an impressive lineup of articles, from compliance and safety accountability to logistical bottlenecks and escalating...

Die BEK-pad is nié besaai met rose nie

Estimated reading time: 4 minutes ’n Studie in hoe om dit níé te doen nie. Dit is hoe Nick Serfontein die staat se hantering van...

RSG Landbou: 6 Mei 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor katbos en hittestres by kleinvee. Katbos Het jy geweet katbos, wat groot probleme vir landbouers veroorsaak,...

LandbouRadio: 6 Mei 2026

In Woensdag, 6 Mei se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: In Leon die skaapherder se Woensdagwenk, gesels hy oor blaasstene. Johan gesels met Judi...

Dinamika en ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse lusernhooibedryf: Produsentepryse (Deel 4)

Estimated reading time: 7 minutes Vorige artikels in hierdie reeks het gefokus op aspekte soos die gradering, gehalte, produksiegebiede en produksiemetodes van lusernhooi. In hierdie...