In vanoggend se RSG Landbou is daar gesprekke oor NAMPO Kaap, landboutoestande in die Wes-Kaap, vleispryse en weer.
NAMPO Kaap bars uit sy nate
NAMPO Kaap het vanjaar ’n rekordgetal van 49 326 besoekers gelok. Ons hoor wat Chrystal van Wyk te sê het oor die waarde van dié skou vir besoekers, die gemeenskap en landbou.
SSK praat oor landboutoestande
Dan praat Dirk van Papendorp van SSK oor landboutoestande in die Wes-Kaap.
Meer oor die vleispryse en weer
Ons het soos altyd nuus oor vleispryse en weervooruitsigte.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.
