Monday, December 8, 2025
HomePodcastsRSG Landbou: 25 November 2025

RSG Landbou: 25 November 2025

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die waarde van ‘n boom, ons ontvang die nuutste wolmarkverslag en daar is ‘n gesprek oor die klassifikasiestelsel vir teelgeskiktheidstoetse wat onlangs hersien is.

Die waarde van ‘n boom

Het jy geweet dat elke deel van ā€˜n boom in iets nuttigs omskep kan word? Behalwe vir papier, word houtvesel ook in produkte soos klere, velsorgprodukte en dierevoeding gebruik. Kom luister saam na ons gesprek met AndrĆ© Oberholzer van Sappi hieroor.

Nuutste wolmarkverslag

Ons hoor ook wat by die laaste wolveilings gebeur het.

Hersiene klassifikasiestelsel vir teelgeskiktheidstoetse

Suid-Afrika se huidige klassifikasiestelsel vir teelgeskiktheidstoetse is onlangs hersien en sal na verwagting volgende jaar in werking tree. Prof Dietmar Holm verskaf meer besonderhede.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ā€˜n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

SAPPO Retail Price Statistics: November 2025

The monthly SAPPO Retail Price Statistics Report provides detailed statistics and trends on the retail prices of various meat products, including pork, chicken, beef, and lamb. Monthly Price...