In RSG Landbou se Kersprogram gesels ons met die wenner van die Agri’s Got Talent-kompetisie, Jenedine Jantjies en die Fourie-gesin bespreek die Stellaland Meatmaster-klub se ondersteuning van Downsindroom SA. Johann Kotzé van Agri SA sluit die program met ‘n Kersboodskap af.
Ontmoet Agri’s Got Talent se wenner
In vandag se spesiale Kersprogram praat ons met die 25-jarige Jenedine Jantjies. Sy is die wenner van vanjaar se Agri’s Got Talent-kompetisie. Sy vertel nie net haar storie nie, maar ons hoor ook hoe klink dié engelstem met ‘n spesiale Kerslied wat sy graag met RSG Landbou-luisteraars deel.
Stellaland Meatmaster-klub kweek bewustheid oor downsindroom
Lede van die Stellaland Meatmaster-klub het vanjaar hul harte oopgemaak vir Downsindroom SA tydens hul produksieveiling in Klerksdorp. Ons gesels met die Fourie-gesin vir wie dit na aan die hart lê want hul dogter, Yolané, het Downsindroom.
Kersboodskap van Agri SA
Dan sluit Johann Kotzé van Agri SA die program af met ‘n spesiale Kersboodskap.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.

