In vanoggend se RSG Landbou gesels ons vleissake – van die varkvleis- tot die rooivleisbedryf. Lise Roberts is die aanbieder.
Varkvleis
Die Suid-Afrikaanse Varkvleisprodusente-organisasie se Pork 360-projek fokus op die beste praktyke – van die plaas tot die verbruiker – en is onder bespreking in vanoggend se RSG Landbou. Ons gesels met dr Peter Evans.
Die RPO gesels
Dan is dr Frikkie Maré van die Rooivleisprodusente-organisasie ook aan die woord. Daar is verskeie faktore wat die afgelope tyd ‘n impak op markte gehad het en hy brei hieroor uit.
Die SKA-projek in die Noord-Kaap is veral vir boere van die Carnavon-omgewing ‘n groot probleem. Sybrand Venter het tydens die RPO Noord-Kaap-kongres hieroor gesels.
RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.



