RSG Landbou: 2 Februarie 2026 – geborg deur Husqvarna

Share This Post

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor Vinpro se produsentedag, ‘n navorsingprojek oor tegnologie in die wynbedryf en oor Wayside Brahmane se veiling op 14 Februarie.

Vinpro produsentedag en tegnologie in die wynbedryf

Het jy geweet hittestres is een van die groot kwelpunte in Suid-Afrika se wynproduserende streke? Dit is een van die onderwerpe wat tydens Vinpro se 20ste produsentedag op Goudini bespreek is. Conrad Schutte praat ook oor ander kwessies wat op die agenda was. Een van die sprekers, dr Jan Greyling van die Universiteit Stellenbosch, praat oor sy navorsing wat fokus op tegnologie in die wynbedryf.

Wayside Brahmane hou veiling

Moet ook nie ons gesprek met Roland Munger van Wayside Brahmane in Botswana misloop nie. Hy vertel wat die impak van bek-en-klouseer in Suidelike Afrika op hulle bedryf is, asook die aanbod tydens hul veiling op 14 Februarie by Francistown.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Related Posts

Weeklikse rooivleispryse / Weekly meat prices

Estimated reading time: 5 minutes Plaashekpryse/Farm gate prices Die jongste vleispryse...

Weeklikse weer met Johan van den Berg

Estimated reading time: 1 minute Johan van den Berg is...

Domestic pork industry carcass price statistics – Week 12 of 2026

The weekly pork carcass prices are brought to you...

SA goat breeds suit the Zimbabwean landscape

Estimated reading time: 7 minutes Pathisani Ncube has a wholly...

The South African rabbit meat industry in the spotlight

Estimated reading time: 7 minutes Rabbit meat is not as...

Bloednier: Die stille moordenaar onder kleinvee

Estimated reading time: 4 minutes Om vroeg in die oggend...