In Maandag, 2 Februarie se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:
- In ons maandelikse Agri-Expo skoupraatjies, moontlik gemaak deur Nedbank, gesels Johan met Pieter van Deventer, president van die Heidelbergskou, om te hoor hoe hulle vorder met die beplanning van hul 2026-skou.
- Hans-Jurie Moolman gesels regsake, en hy vertel oor die Ekurhuleni-metro se onlangse herroeping van ‘n onteieningseis, en wat landbouers daarin moet lees.
- John Melville gesels oor die bestuur van skape in die tydperk tussen Januarie en April.
- En Pieter Möller deel weer ‘n opbouende landbouboodskap vir die maand.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.