RSG Landbou: 18 Mei 2026

Share This Post

In vandag se RSG Landbou ontvang ons die jongste landbounuus, daar is meer oor APAC se protokolle vir lewendehawe-agente, en ons hoor wat met aartappelpryse in April gebeur het.

Landbounuus

In hierdie week se landbounuus op RSG Landbou praat ons oor Suid-Afrika se 2026 wyndruif-oes, plaaslike verkope van landboumasjinerie, die Suid-Afrikaanse tafeldruifbedryf se 2025/26-seisoen en Agri Wes-Kaap se kandidate vir sy 2026 Jongboer van die Jaar-kompetisie.

Protokolle vir lewendehawe-agente

Verder gesels ons met Francois Knowles, die registrateur van die Landbouprodukte-agenteraad, APAC, oor dié organisasie se protokolle vir lewendehawe-agente. Dit kom nadat ‘n bek-en-klouseer voorval ‘n paar weke gelede by Tobie Myburgh Afslaers se Bloemfontein-veilingskraal bevestig is.

April aartappelpryse

En Aartappels SA vertel ons ook wat met aartappelpryse in April gebeur het.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Related Posts

Weeklikse rooivleispryse / Weekly meat prices

Estimated reading time: 5 minutesPlaashekpryse/Farm gate pricesDie jongste vleispryse...

Weeklikse weer met Johan van den Berg

Estimated reading time: 1 minuteJohan van den Berg is...

Domestic pork industry carcass price statistics – Week 34 of 2026

The weekly pork carcass prices are brought to you...

SA goat breeds suit the Zimbabwean landscape

Estimated reading time: 7 minutesPathisani Ncube has a wholly...

Ontwikkel ’n skerp oog vir rasstandaarde en die metodiek van kleinveebeoordeling

Estimated reading time: 7 minutesDie vertoning en beoordeling van...

The South African rabbit meat industry in the spotlight

Estimated reading time: 7 minutesRabbit meat is not as...