In Maandag, 18 Mei se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:
- Prof Johan Willemse lewer sy weeklike markverslag.
- Koos du Pisanie van Plaas Media het die Oranjeriviervoere-boeredag bygewoon en daar met ‘n skaapboer van die Molteno-omgewing, Dries Pienaar, gesels oor die toekoms van skaapboerdery in die Karoo.
- Johan gesels met prof Lise Korsten, ‘n plantpatoloog van die Universiteit van Pretoria, oor ‘n gesogte toekenning wat sy ontvang het.
- John Melville gesels verder oor probleemdiere en beheermaatreëls.
- Liesl Breytenbach, uitvoerende direkteur van AFMA, gesels oor AFMA se drie-jaarlikse konferensie en uitstalling van 8 tot 10 September by Sun City plaasvind.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
