RSG Landbou: 18 Desember 2026

In vandag se RSG Landbou gesels ons met Deidré Carter van Agri Limpopo oor owerhede en landbou in dié provinsie, Annelize Crosby van Agbiz gesels oor wetgewing wat op die landbou van toepassing is en Johan van den Berg lewer sy laaste weergesprek vir die jaar.

Samewerking tussen boere in Limpopo

Wat landbou in die Limpopo-provinsie uniek maak, is die samewerking tussen kommersiële en nuwe boere. So sê Deidré Carter van Agri Limpopo. En het jy geweet Agri Limpopo het daarin geslaag om die owerhede te kry om in Januarie vanjaar met die herstel van 21 probleempaaie te begin, sónder ‘n beskikbare begroting? Ons hoor wat sy nog oor landbou in dié provinsie te sê het.

Regulering van chemiese middels in die kollig

Dan praat ons met Annelize Crosby van Agbiz oor wetgewing wat ook op die landbou van toepassing is en tans aandag in die parlement geniet. Een hiervan behels die regulering van chemiese middels.

Jongste weersake

Moet ook nie ons laaste weergesprek vir die jaar met Johan van den Berg misloop nie.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must read

RSG Landbou: 6 April 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die 2026 LRF Veeskool, AFSTA se kongres en ons skop af met ons nuwe...

LandbouRadio: 6 April 2026

In Maandag, 6 April se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: Ons skop af met onkruidkenner, prof Charlie Reinhardt, en hy gesels oor die...

‘n Tuli-kudde wat sy omgewing bemeester deur aanhoudende verbetering

Estimated reading time: 5 minutes Christo Rothmann van Bushman’s Mountain Tuli’s is in 2025 met die titel van Landbounavorsingsraad (LNR) Nasionale Vleisbeesverbeteringskudde van die Jaar...

LandbouRadio: 3 April 2026

In Vrydag, 3 April se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: Ons skop af met 'n plaasvars landbounuusbulletin. ⁠Tydens die Afrika Saadverhandelingsvereniging se kongres in...

What is the worst that can happen?

Estimated reading time: 3 minutes Risk is the likelihood of damage or loss. Peril, on the other hand, is the misfortune, accident, or disaster that...