RSG Landbou: 17 November 2025 geborg deur Husqvarna

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor haarwurm in die somerreënvalgebiede, die impak van klimaatsverandering op riviervloei en die Letelle-skaap.

Haarwurm in die somerreënvalgebiede

Haarwurm is waarskynlik die inwendige parasiet wat die grootste negatiewe impak op skape en bokke in die somerreënvalgebiede het. Ons gesels met dr Johann Stadler van Antrovet Dieregesondheid hieroor.

Die impak van klimaatsverandering op riviervloei

Die impak van klimaatsverandering op riviervloei het tydens Raisins SA se simposium op Kakamas ter sprake gekom en weerkenner, Johan van den Berg, lewer kommentaar.

Meer oor die Letelle-skaap

Ons vind ook meer uit oor die Letelle-skaap wat nie so algemeen in Suid-Afrika voorkom nie.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must read

RSG Landbou: 7 April 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die gemmerbedryf, die Nasionale Wolkwekersvereniging se 100ste bestaansjaar en ons ontvang die nuuste wolmarkverslag. Gemmerbedryf Niks...

RSG Landbou: 6 April 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die 2026 LRF Veeskool, AFSTA se kongres en ons skop af met ons nuwe...

LandbouRadio: 6 April 2026

In Maandag, 6 April se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: Ons skop af met onkruidkenner, prof Charlie Reinhardt, en hy gesels oor die...

‘n Tuli-kudde wat sy omgewing bemeester deur aanhoudende verbetering

Estimated reading time: 5 minutes Christo Rothmann van Bushman’s Mountain Tuli’s is in 2025 met die titel van Landbounavorsingsraad (LNR) Nasionale Vleisbeesverbeteringskudde van die Jaar...

LandbouRadio: 3 April 2026

In Vrydag, 3 April se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: Ons skop af met 'n plaasvars landbounuusbulletin. ⁠Tydens die Afrika Saadverhandelingsvereniging se kongres in...