In vanoggend se RSG Landbou was daar gesprekke met Saai, die Suiwelstandaardagentskap en SACOTA.
Saai ongelukkig oor produkname
Saai het sy misnoeë uitgespreek oor die nasionale departement van landbou se beroep op die landboubedryf om die regulasies oor vleisverwante produkname vir plantgebaseerde alternatiewe produkte te verwelkom. Ons gesels met dr Theo de Jager.
Verstaan die fynskrif
Vir die verbruiker om ingeligte besluite oor alternatiewe suiwelprodukte te neem, moet die fynskrif op etikette verstaan word. Anneke van Niekerk van die Suiwelstandaardagentskap verduidelik.
SACOTA praat oor vooruitsigte
Ons praat ook met dr André van der Vyver van SACOTA oor spoorvervoer-vooruitsigte vir die graanbedryf.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.

