Friday, December 5, 2025
HomePodcastsRSG Landbou: 11 Junie 2025 - geborg deur BKB

RSG Landbou: 11 Junie 2025 – geborg deur BKB

In vanoggend se RSG Landbou vertel aanbieder Lise Roberts ons alles oor vanjaar se Veeplaas Klimaatslim Ambassadeur en dan is daar ook gesprekke oor die koringtarief en Onteieningswet.

Veeplaas Klimaatslim Ambassadeur

Die 2025 Veeplaas Klimaatslim Ambassadeur is vroeër dié week bekendgemaak. Dr Louis du Pisani gee terugvoer oor vanjaar se twee finaliste.

Koringtarief en Onteieningswet

Suid-Afrika se invoer-koringtarief is verhoog en dr André van der Vyver van SACOTA verduidelik wat dit vir die bedryf en die verbruiker beteken.

Dan het ons tydens ‘n boeredag op Upington met Bertie Huggett van FNB Landbou gesels. Baie boere wonder wie gaan pa staan vir hulle skuld by die bank as hulle plase onteien moet word. Ons hoor wat hy hieroor te sê gehad het.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

RSG Landbou: 3 Desember 2025 – geborg deur Husqvarna

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die 2025 Toyota SA/Agri SA jongboer van die jaar, daar is 'n gesprek oor...