Kalwingsverliese, kuilvoer, ‘n veiling en ‘n kongres – alles in vanoggend se RSG Landbou.
Verliese tydens kalwing
Beesboere verloor vyf tot tien persent van hulle kalwers gedurende die kalwingseisoen. Dr Danie Odendaal van Veearts Netwerk verskaf die redes daarvoor en gee raad.
Waarde en toekoms van kuilvoer
Ons praat met Nico Pont van Nutribase oor die waarde en toekoms van kuilvoer.
Veilig op 13 September
Die Rhenostervallei- en Beef on Grass Beefmasters-veiling vind op 13 September plaas en Carel Chalmers vertel ons meer.
Noord-Kaap se landboutoekoms
Hoe lyk die toekoms van landbou, veral in die Noord-Kaap? Dr Johnny van der Merwe van AMT het tydens die Agri Noord-Kaap-kongres met boere hieroor gepraat.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.

