Oranjerivier-muggies kom hul Moses teë

Estimated reading time: 3 minutes

Muggies langs die Oranjerivier het heelwat landbouers en selfs wetenskaplikes aan die wonder. Die afgelope somermaande, toe die gebied langs die Oranjerivier lieflike reën gekry het, het die muggies ook in hul massas toegeneem en sommige skaapplase so ver as 50km vanaf die rivier het deurgeloop. Dit is waarskynlik die rede vir die groot hoeveelheid veevrektes as gevolg van bloutong wat deur hierdie vektore veroorsaak word.

Lees meer hier meer oor bloutong.

Almal het uitgesien na die kouer maande, aangesien muggies gewoonlik ná ’n strawwe winter met goeie rypeenhede minder raak en self uitsterf, totdat die reënseisoen weer aanbreek. Vanjaar is dit egter nie die geval nie. Muggies is letterlik orals teenwoordig.

Die vraag is nou of muggies gehard geraak het teen die koue en of dit bloot is omdat die rivier te vol gebly het?

Te vol damme skep ‘n teelaarde

Hannes de Wet, Agri Noord-Kaap (Agri NK) se verteenwoordiger vir watersake, sê daar kon nie vroeër vir muggies gespuit word nie, omdat die riviere te vol was en die damme bo hul beheervlak was. Die Departement van Water en Sanitasie kon in die wintermaande nie water terughou om die riviervlakke te laat daal nie. Intussen kon Eskom heelwat krag opwek omdat die rivier sterk geloop het.

Janine Byleveld van Agri NK sê die Departement van Landbou spuit elke jaar van Julie tot November een maal per maand teen muggies. Toe hulle egter vroeër in die jaar sien daar word nie planne gemaak nie, het georganiseerde landbou begin om vergaderings met die Departement van Landbou en sy kantoor vir migrerende plae, asook met die Departement van Water en Sanitasie, en Eskom te reël om die probleem aan te spreek. Dit was geen maklike taak om almal om ’n tafel te kry nie, maar aanhouer wen uiteindelik.

Eerste reeks bespuitings gedoen

Daar is ooreengekom dat die muggies in verskillende areas tussen die Vanderkloofdam en die Benede-Oranje, tot selfs anderkant Blouputs en Pella, gemonitor word. Dit is vanaf 18 Augustus gedoen en sedert Maandag, 25 Augustus tot Vrydag 30 Augustus, sal minder water in die Oranjerivier vrygelaat word sodat die eerste bespuiting vanaf Hopetown kan geskied.

Janine verduidelik dat die riviervlakke laag moet wees voordat bespuiting gedoen kan word, omdat die larwes van die muggies teen die rotse gespuit moet word om die muggies se siklus te breek. Dit sal twee tot drie bespuitings kos om hierdie siklus te breek.

Sy het ook die versekering gegee dat die departement se volgende monitering in die derde week van September sal plaasvind, en die volgende bespuiting in die vierde week plaasvind.

Navorsing oor muggies

Janine sê daar is verskillende maniere om muggies te beheer. Een daarvan is om dit met ’n helikopter te bespuit of om brugbehandeling te doen, waar die gif vanaf die brug oor die rivier gestrooi word. Agri NK is egter nie ’n voorstander van brugbehandeling nie en doen tans navorsing om te sien of dit doeltreffend met behulp van hommeltuie gedoen kan word.

Agri NK en deelnemende produsente het ook reeds voelers uitgesteek na die Freshwater Research Centre (FRC) in Kommetjie, om meer inligting uit hulle navorsing te kry. Sowat 150 tipes muggies is al geïdentifiseer. – Koos du Pisanie, Plaas Media

Must read

Landboumarkverslag: Maart 2026

Estimated reading time: 2 minutes Die rand het gedurende Maart 2026 met sowat 92 sent teenoor die Amerikaanse dollar verswak en die maand afgesluit op...

Domestic pork industry carcass price statistics – Week 15 of 2026

The weekly pork carcass prices are brought to you by the South African Pork Producer's Organisation (SAPPO). Click here for this week's report. How are these...

IDF 2024/25 Annual Report highlights key documents

Estimated reading time: 5 minutes The International Dairy Federation (IDF) issued its annual report for 2024/25 late last year. The federation has four focus areas...

LandbouRadio: 17 April 2026

In Vrydag, 17 April se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: Ons skop af met 'n plaasvars landbounuusbulletin. Johan gesels met Deidré Louw oor Plaas...

Beskerm só jou vee teen respiratoriese siektes

Estimated reading time: 1 minute Respiratoriese siektes is multifaktoriaal en ontstaan weens komplekse interaksies tussen aansteeklike organismes soos bakterieë, virusse en parasiete. Respiratoriese siektes vereis ’n...