Estimated reading time: 3 minutes
Die Nasionale Wolkwekersvereniging van SA (NWKV) se produksie-adviesdiens verskaf tweemaandeliks ‘n lys van bestuursaksies wat wolprodusente kan help om hul veekuddes beter te bestuur.
Op grond hiervan, nooi die NWKV alle wolprodusente uit om met hul provinsiale produksie-adviseurs te skakel. Sodoende kan hulle advies ontvang rakende praktyke wat gefinaliseer moet word binne ‘n bestek van twee maande, spesifiek in die somerreënvalgebiede.
Die NWKV provinsiale produksie-adviseurs is:
- Oos-Kaap: Juan Venter, 079 693 1953 of juanve@nwga.co.za.
- Queenstown: Kobus Grobler, 072 593 5601 of kobus@nwga.co.za.
- Noord-Kaap: Dawie Botha, 083 679 6815 of david@nwga.co.za.
- Wes-Kaap: Jannie Fourie, 083 564 1105 of jannie@nwga.co.za.
- KwaZulu-Natal en Mpumalanga: Annelize Smit van Niekerk, 082 928 3592 of annelize@nwga.co.za.
- Vrystaat: Jan Louis Venter, 083 650 1131 of janlouis@nwga.co.za.
Lees meer oor die verwagte pryse vir die wolseisoen hier.
Generiese NWKV-bestuurskalender vir die somerreëngebied vir April en Mei
Bestuursaksies wat gedurende Augustus en September aandag geniet, behels die volgende:
1. Lammer-ooie en lammers (vorige jaar se lente-paring ooie):
1.1 Soog-en-droog die ooie agt weke nadat die ooie begin lam het. Merk die ooie wat nie ‘n lam by hulle het nie, en verkoop of verwyder hierdie ooie so gou as moontlik uit die trop.
1.2 As die suiplammers goed groei, is dit nie nodig om kruipvoeding te verskaf nie. Moenie kruipvoeding verskaf wat meer as 10% ruvoer bevat nie (dit is onverteerbaar vir die lammers).
1.3 Skuif die ooie en lammers na nuwe kampe wanneer die lammers gemiddeld 60 dae oud is. Die ooie se melkproduksie neem dan af en die lammers begin sterk wei. Die lammers benodig op hierdie stadium goeie weiding en hul grootste kompetisie is die ooie.
2. Dieregesondheid:
2.1 As daar goeie reënval in jou omgewing was, sal daar moontlik oral oop grondwater-areas soos gronddamme wees. Dit kan binnekort (sodra die water begin opdroog) ʼn groot bron van besmetting vir die peervormige slak wees. Die sekerste teken van besmetting met peervormige slak is erge diarree wat gewoonlik swart van kleur is. ʼn Dier, veral lammers, kan baie vinnig kondisie verloor en daar moet vinnig opgetree word sodra hierdie simptome waargeneem word. Lewerslak kan ook ʼn probleem word; let dus op vir kwakkeel. Diere wat op dié stadium kwakkeel ontwikkel, het waarskynlik eerder lewerslak as haarwurm.
2.2 Produsente moet enting teen Slenkdalkoors as ʼn voorsorgmaatreël oorweeg wat dan vir die res van hul boerdery-loopbaan volgehou sal moet word. Alle vervangings-ooie moet met die lewendige entstof (verkieslik twee keer, ses maande uitmekaar) geënt word sodat die diere lewenslange immuniteit kan ontwikkel. Die koste van enting is baie minder in vergelyking met die verliese wat vanweë die siekte kan voorkom.
Belangrik: Besoek jou plaaslike veearts as daar enige twyfel is rondom jou diere se gesondheid en dieregesondheid-aanbevelings. Onthou ook om dragtige ooie NIE met lewendige entstowwe soos bloutong en Slenkdalkoors te ent nie, weens die gepaardgaande aborsie-risiko. Lees ook alle entstowwe, doseermiddels en voere se pamflette om jouself te vergewis van die veilige gebruik daarvan.
Besoek die NWKV se webtuiste vir meer inligting. – saamgestel deur Carin Venter, AgriOrbit
Lees ander artikels in hierdie reeks: