In Donderdag, 30 April se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:
- Yantha Wolmarans van Plaas Media gesels met Gerhard Coetzer, adjunkdirekteur van dieresiektes en epidemiologie by die Limpopo Departement van Landbou, oor die stand van bek-en-klouseer in die provinsie.
- Tydens die SA Stamboek Elite-toekeningsaand het Johan met Hannes Neethling van Rooikoppies Farming gesels. Hulle stoet is as melkbeeskudde van die jaar aangewys.
- Ons hoor ook van Fourie Scheepers van Zinabos Bonsmaras, wat die vleisbeeskudde van die jaar-toekenning ontvang het.
- Dr Bobbie van der Westhuizen, hoofbestuurder van SA Stamboek, gesels oor vanjaar se Elite-toekennings.
- Dr Johnny van der Merwe is aan die woord met sy weeklikse AMT-markverslag.
- John Melville, president van Bloemskou, vertel hoe bek-en-klouseer vanjaar se Bloemskou geaffekteer het.
- Kabelo Phaka, tegniese adviseur by SA Stamboek, vertel van die opedag vir opkomende boere by Bloemskou en die onderwerpe wat bespreek is.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.


