In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor ‘n studie waarin ‘n wingerdstok-geen “afgeskakel” is, ‘n handige tieklysie vir boere wat graag ‘n voerkraal wil begin en ons ontvang die nuutste vleispryse en weervooruitsigte.
DNS van ‘n wingerdstok
Het jy geweet die DNS van ‘n wingerdstok kan gewysig word? Clara Holm van Stellenbosch Universiteit vertel van ‘n studie waarin ‘n wingerdstok-geen “afgeskakel” is. Dit hou verband met hoe plante op siektes reageer.
Tieklysie om ‘n voerkraal te begin
Ons hoor by Zoetis van ‘n handige tieklysie vir boere wat graag ‘n voerkraal wil begin.
Nuutste vleispryse en weervooruitsigte
En moenie ons weeklikse vleispryse met Chris Derksen en die jongste weerinligting met Johan van den Berg misloop nie.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.