In Woensdag, 17 Junie se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:
- Leon die skaapherder is aan die woord met sy Woensdagwenk, en vandag praat hy oor intraperitoneale glukose vir hipotermiese lammers.
- Gerhard van den Burgh, ‘n ekonoom by die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid, het met Carin Venter van Plaas Media gesels oor landboumarkte, uitvoere en produkprystendense.
- In hierdie maand se RPO Vleispraatjies, met trots geborg deur Beefmaster, praat Hennie Gerber van Samic oor rolmerke en vleisklassifikasie in Suid-Afrika.
- Johan gesels ook met Jaco Liebenberg, tegniese bestuurder van voerkrale en plase by die Beefmaster-groep, oor beesrespiratoriese siekte.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.