RSG Landbou: 17 Junie 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die beginsels van ‘n goeie familieboerdery, die suksesverhaal van Deli-Co en die emosionele impak van bek-en-klouseer op produsente en hul families.

Beginsels van ‘n goeie familieboerdery

Wat is die beginsels van ‘n goeie familieboerdery? Dit was een van die onderwerpe wat by die onlangse Bergrivier Besproeiing-boeredag bespreek is. Gys du Toit van die bekende Du Toit-groep en Wilco Fourie van Lofdal Fourie Boerdery in die Noord-Kaap, het daar met ons gesels.

Suksesverhaal van Deli-Co

Ons luister ook na Hendri Truter en die suksesverhaal van Deli-Co, ‘n vleis- en graan-familiebesigheid in Riebeeck Kasteel.

Emosionele impak van bek-en-klouseer

Die emosionele impak van bek-en-klouseer op produsente en hul families is enorm. Volgens dr Shaun Morris van Octavoscene moet dié siekte eerder wetenskaplik as emosioneel benader word, maar dis makliker gesê as gedaan. Ons luister na wat hy verder hieroor te sê gehad het.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Four agricultural labour law myths

Estimated reading time: 4 minutesWhen employers rely on incorrect assumptions rather than the law...

Sosiale media en die reg: Wees baie versigtig

Estimated reading time: 4 minutesOmdat die akkuraatheid of waarheid van inligting selde gekontroleer of...

100 jaar van wolproduksie (Deel 5): Die boublokke van ’n welvarende land

Estimated reading time: 7 minutesDie Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) betree binnekort die volgende 100 jaar...

Lantana camara: Waak teen dié struik

Estimated reading time: 3 minutesLantana-vergiftiging is een van die algemeenste vorme van plantvergiftiging by...