DÍs wat op jou wag in Woensdag, 1 Oktober, se LandbouRadio:
- Die Skaapherder, Leon Kruger, praat in sy Woensdagwenk oor die belangrikheid van ‘n dier se temperatuur.
- Nelius Ferreira, voorsitter van Bonsmara SA, beantwoord vrae oor dié ras en die bedryf.
- Debbie Matteucci, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Bioproduk-organisasie (Sabo), vertel ons meer oor die werk wat hulle doen.
- En Jerilyn Hergenrede, bestuurder van herkouernavorsing by Kemin Industries, praat oor die belangrike rol van die spysverteringskanaal in dieregesondheid.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.





