In Woensdag, 13 Mei se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:
- Leon die skaapherder is eerste aan die beurt met sy Woensdagwenk, en vandag praat hy oor hardlywigheid by lammers.
- Raymond Collett, ‘n nematoloog, gee ‘n paar interresante feite oor nematodes.
- Charné Claassen, afdelingshoof van genetika by Unistel, een van die goue borge van die 2026 LRF Veeskool, vertel van hulle borgskap van die skool en hulle werksaamhede.
- Johan gesels met Willie Storm, Veeplaas se 2025 klimaatslim-ambassadeur, oor klimaatslim boerdery en ‘n toer wat binnekort in Namibië gaan plaasvind.
- Anjé Venter van Aartappels SA gee ‘n kort oorsig van die afgelope ruk se aartappelmarkte.
- Johan praat oor Plaas Media se Toyota SA Nasionale Jongafslaerskompetisie en hoe jy ook aanlyn kan deelneem.
Vandag se program word aan jou gebring deur BKB – die betroubare tuiste van landbou.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

