Monday, March 10, 2025

Landbou-innovasie en gemeenskapsgees: ‘n Blik op die Upington-landbouskou

Estimated reading time: 2 minutes

Die Upington-landbouskou het vanjaar weer ‘n skatkis van verrassings en landbou-aktiwiteite gebied. Besoekers kon deelneem aan ‘n verskeidenheid geleenthede, insluitend ‘n karkaskompetisie, interrasbeoordeling, en ‘n jeugskou.

Die skou het ‘n interrasbeoordeling aangebied, wat meer ‘n interaktiewe bespreking as ‘n formele beoordeling was. Chris Goosen, die beoordelaar, het beklemtoon dat dit ‘n geleentheid vir produsente was om kennis te deel en blootstelling vir hul vee te verkry. Vyftien beeste van vyf verskillende rasse ā€“ Droughtmaster, Brahman, Sussex, Boran en Afrikaner ā€“ het deelgeneem. Die wenners is na ‘n oggend van lewendige gesprekke aangewys: Theuns Engelbrecht se Droughtmaster-bul en Gideon Botha se Boran-vers het die juniortitels ingepalm, terwyl Gert Fourie se Sussex-bul en nog ‘n Droughtmaster van Engelbrecht die seniorkategorieĆ« oorheers het.

Lees meer oor die onlangse Griekwastad-skou hier.

Die karkaskompetisie het groot belangstelling gewek met 99 beeste en 160 skape wat ingeskryf is. Die kompetisie is gekombineer met ‘n voerkraaldag, waar kenners soos dr Coreen Visser en dr Gerhard Neethling praatjies oor onderskeidelik skaapsiektes en vleisveiligheidswetgewing aangebied het.

Dries Rupping het ook sy benadering tot stelselteling en seleksiemetodes gedeel. Na die sessies kon gaste die diere voor die slagproses besigtig. Die slaglamkompetisie se hoogste eer het gegaan aan Hannes Maritz, gevolg deur Essie Maritz. In die slagos-afdeling het Petrus Goussard eerste gekom, met Ellewee van Zyl en Theuns Engelbrecht wat tweede en derde plekke behaal het. Die super-osafdeling is deur Karsten-veeplase gewen, met Kobus Luttig in die tweede plek. ā€“ Koos du Pisanie, Plaas Media


Williston-landbouskou 2024: ā€˜n Vertoonvenster van uitnemendheid

Williston het van 22 tot 24 Februarie 2024 die platteland aan die gons gehad met ā€˜n verskeidenheid aktiwiteite en uitstallings wat tydens die jaarlikse landbouskou plaasgevind het. Hierdie Noord-Kaapse skou brei jaarliks uit en neem toe in gewildheid. Die hoogtepunte was die slaglamkompetisie, jeugskou en perdeskou.

Lees meer hier:

Must read

Jongste inligting help boere voor planttyd

Estimated reading time: 5 minutes Overberg Agri het onlangs sy jaarlikse voor-plant inligtingsdag by Rietpoel naby Caledon in die Suid-Kaap gehou. Meer as 200 boere...

2025 Swellendam-skou: Skou tot voordeel van gemeenskap

Estimated reading time: 7 minutes Die 193ste Swellendam-skou, wat vanjaar van 27 Februarie tot 1 Maart gehou is, was ten spyte van die erge reƫn...

2025 Riversdal-skou: Eg plattelands

Estimated reading time: 6 minutes Riversdal-skou met sy tema ā€œEg Plattelandsā€ is vanjaar vir die 157ste keer gehou en het ā€™n rekordgetal besoekers gelok. Dit...

Katoen-verwysingsprys: Week van 3 tot 7 Maart

Die Suid-Afrikaanse Katoenprodusente-organisasie (SAKPO), met die ondersteuning van Katoen SA, het ā€™n platform geskep om elke week ā€™n gemiddelde verwysingsprys vir katoenvesel deur te gee....
RSG Landbou, skaapstelsel

RSG Landbou: 10 Maart 2025 – geborg deur BKB

Die Nasionale Dohne Merino-veiling, wat op 1 Februarie in Bloemfontein aangebied is, kan met ā€˜n 100%-verkoopsyfer spog en volgens Vaughn Collier, is goeie pryse...