HomePlaas TVLandbou in al sy fasette op Plaas TV

Landbou in al sy fasette op Plaas TV

Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ’n opsomming van dié week se episodes:

  • In Junie vanjaar is die Wet op Klimaatsverandering (Wet 22 van 2024) bekragtig en dít het ‘n direkte invloed op die wyse waarop landboubesighede verslag sal lewer in die toekoms. Frans van Wyk, direkteur van Agrifusion, gesels nou met ons oor die praktiese impak van hierdie veranderinge in wet- en verslagdoeningspraktyke op die landbou en hy deel hoekom dié skuiwe potensieel groot voordeel vir die sektor kan inhou.
  • Annelize Crosby van Agbiz sluit nou by ons aan met nuus oor die jongste parlementêre verslag, en ‘n paar ander kwessies wat op landbou van toepassing is.
  • The ARC National Platinum Bull Awards category, that forms part of the ARC National Beef Performers Awards, recognise exceptional performance from both bulls and their dams. Besides having exceptional performance figures themselves, bulls can only qualify for this award if they were bred from an elite cow; hence the reference to the ‘best from the best’ award category. This ensures the inclusion of traits of economic importance such as fertility and genetic growth ability. Thokozani Ndonga, senior research technician at ARC-AP, tells us more about this awards category.

This awards category is proudly sponsored by GMP Basic / Leader Products and will be broadcast on the Plaas TV YouTube channel on 28 November at 18:00.

Lees hier oor die Finaliste in elfde Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie.
  • In die laaste episode van ons Kubota Nampo-reeks bespreek Jan Schoeman en Shaun Mans van die uitstaande kenmerke van Kubota se trekkers.
  • Michael & Gareth Allen (G&M Farming Enterprises) van Middelburg, Mpumalanga, is onlangs tydens ‘n spoggeleentheid aangewys as die 2024 Graan SA Graanprodusent van die Jaar. Plaas TV het ook dié geleentheid bygewoon, en hier met een van die beoordelaars gesels.
  • The ARC National Mentor of the Year Award, Sponsored by Molatek, celebrates those farmers who demonstrate exceptional mentorship, helping others to enhance productivity and sustainability. Tebogo Serapelwane now elaborates on this.

Be sure to watch the ARC National Beef Performers Awards on the Plaas TV channel, on 28 November at 18:00.

  • Die UP Agric-voerkraaluitdaging staan einde se kant toe en die wenspan word eersdaags aangekondig. ‘n Belangrike deel van hierdie uitdaging was voorleggings van die ses spanne aan die onderskeie borge. Die terugvoer het ingesluit kwessies rakende gesondheid, prosesseringspraktyke, voerformulasie en die weeg en skeer van die skape. Plaas TV het na afloop van hierdie terugvoersessies, met die spanne oor hul ervarings gesels.

Presenter/s dressed by Jonsson Workwear.

Het jy geweet dat Plaas TV ‘n Facebook blad het? Besoek ons blad by https://web.facebook.com/PlaasTV/?_rdc=1&_rdr om op hoogte te bly van die jongste landbounuus en -onderwerpe!

Klik op die YouTube-kanaal se skakel om weer Plaas TV se episodes te kyk: https://www.youtube.com/channel/UC8UyKudlhB1OzbEcSRO1S3A

Plaas TV/Farm TV is in Junie 2020 bekendgestel en verskaf topgehalte en feitelik korrekte landbounuus en -inhoud. Klik op die skakel hierbo om al Plaas TV se inhoud van die afgelope twee jaar te sien. Van landbouprogramme tot die geskiedenis van pinotagewyn, Plaas TV dek alle uithoeke van die landbousektor.

Must Read

Meet the new NAMC board

The minister of agriculture, John Steenhuisen, recently announced the appointment of ten new members to the National Agricultural Marketing Council (NAMC). These members will...