Estimated reading time: 3 minutes

Plaas Media het vanjaar vir die elfde keer sy Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie aangebied. Vanjaar se kompetisie het 88 inskrywings ontvang wat bestaan het uit 67 mielie-, 15 hawer- en ses voersorghum-inskrywings. Hiervan was 60 bunkers, 22 sakke en ses kuilvoerbale.

Vanjaar se inskrywings

Altesaam 21 maatskappye het hulself of hul kliënte vir vanjaar se kompetisie ingeskryf. Die maatskappye was Quantum Foods/Nova Feeds, Exact Silage, SSK, AFGRI Klipheuwel, Bloekomboom Boerdery, Sparta Beef, Nutribase, Kemin Industries, Lake Agriculture, Sparta Baby Beef, Heinz Boerdery, Pannar Saad, Strapping & Profile Manufacturers, Budissa Bagger, TWK Agri, Pioneer Saad, Meadow Feeds Natal, Meadow Feeds Randfontein, Van Greunen Boerdery, AFGRI Veevoere, en Leading Edge.

Borge

Die hoofborg van vanjaar se kompetisie was weereens Santam Landbou, wat sedert die aanvang van die kompetisie as naamborg optree. Die prys- en kontantborge was Pannar Saad, Nutribase, Pioneer Saad, TWK Agri, Raniplast en Orkel. Verskeie nuwe maatskappye was vanjaar by die kompetisie betrokke as prys- of kontantborge, naamlik Euro Bagging, Novatex en Advanta Saad. Die laboratoriumvennoot was weereens Labworld.

Monsterneming

Die monsterneming is deur twee nagraadse Veekundestudente, Frans Malan en Stefan Corbet, van die Universiteit van Pretoria behartig. Richardt Venter van AgSci Unlimited, die kompetisie se medekoördineerder, het die studente tydens ‘n spesiale opleidingsdag in die monsternemingsproses opgelei. Die span het vanjaar ‘n hele 14 641km afgelê.

Die monsters is deur dr Elrisa Taljaard en haar span by Labworld getoets. Die data-ontleding is deur die beskermheer van die kompetisieprotokol, prof Robin Meeske, voorheen van die Wes-Kaapse Departement van Landbou se Outeniqua-navorsingsplaas gedoen. Prof Meeske het intussen afgetree en is vanjaar vir die laaste keer by die kompetisie betrokke.

Ontmoet die finaliste

Daar is drie formele kategorieë waarin finaliste aangewys is, naamlik mielie-, voersorghum- en hawerkuilvoer. Daar is ook een oop kategorie waarin ander gewasse ingeskryf kan word, maar geen finaliste word daarvoor aangekondig nie en geen wenner word daar aangewys nie. Hierdie inskrywings ontvang slegs ‘n verslag met hul kuilvoerontleding.

Vanjaar se mieliekuilvoerkategorie het gespog met verskeie ou bekendes wat weer deelgeneem het. Hier is die mieliekuilvoerkategorie-finaliste, in alfabetiese volgorde:

BesigheidsnaamPlaasnaamProdusentIngeskryf deurStoorformaat
Allem BrothersJonkerskraalWillie DreyerBudissa BaggerSilosak
Bloekomboom BoerderyGelukvleiDavid BritzBloekomboom BoerderyBunker
HJP BoerderyWitbankKobus PieterseExact SilageBaal
JH Neethling BoerderyRooikoppies DairyNeels NeethlingMeadow Feeds RandfonteinBunker
Just MilkGalla Hills DairySteve MossStrapping & ProfileSilosak
Rockdale IndustriesRockdale EastJohan HarmseNutribaseSilosak
Rockdale IndustriesRockdale EastJohan HarmseTWK AgriBunker
Te Water BoerderyZelpyDewald te WaterExact SilageBaal
Van Greunen BoerderyWerdaMichael van GreunenNutribaseBunker

Hier is die finaliste in vanjaar se kleingraan- (hawer) kategorie, in alfabetiese volgorde:

BesigheidsnaamPlaasnaamBoer/produsentIngeskryf deurStoorformaat
Bakenskop BoerderyBakenskopBrian HumeSSKBunker
Middelpos AgriGoedertrouPV du ToitQuantum Foods/Nova FeedsSilosak
MJ Slabber PlaseGoedehoopNina SlabberAFGRI VeevoereBunker
Ocean Breeze HolsteinsSwartwaterJK BassonQuantum Foods/Nova FeedsBunker
Saamstaan BoerderyVyevleiRobbie EksteenAFGRI VeevoereBunker

‘n Uitstekende resultaat is vanjaar in die voersorghumkategorie behaal en sal in detail tydens die jaarlikse kongres bespreek word. Hier is vanjaar se finaliste in alfabetiese volgorde:

BesigheidsnaamPlaasnaamBoer/produsentIngeskryf deurStoorformaat
ALS KuilvoerBergstroom BoerderyeArno JoubertStrapping & ProfileSilosak
Ternus BoerderyStompiesfonteinMarnus FleischmannBudissa BaggerSilosak
Winterstorm InvestmentsWinterstormMarcu Janse van RensburgKemin IndustriesBunker

Die wenners sal tydens ‘n kuilvoerkongres op 27 November in Pretoria aangekondig word. Die wenners sal ook op ons onderskeie sosiale media-platforms bekendgemaak word. Maak dus seker jy hou die Plaas Media-, Veeplaas Tydskrif– en Stockfarm Tydskrif-Facebookblaaie op die dag dop! – Persverklaring, Plaas Media

Vir meer inligting oor die kompetisie, 2025-inskrywings, of ander navrae, kontak Deidré Louw by 066 231 2430 of epos deidre@plaasmedia.co.za