HomePlaas TVKuilvoer, Simbras, Brangusse en Herkouers - kyk terug op dié week se...

Kuilvoer, Simbras, Brangusse en Herkouers – kyk terug op dié week se Plaas TV

Vandag is #kykweervrydag op Plaas TV waar ons hoogtepunte deel uit die afgelope week.

Labworld trots deel van Kuilvoerkompetisie

Labworld is verantwoordelik vir die ontleding van die monsters in vanjaar se Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie. Dis die 8ste keer wat hulle betrokke is. Dr Elrisa Taljaard vertel meer.

Wat maak Simbra ‘n waardeproposisie?

Kobus Bester, rasdirekteur van die Simbra-beestelersgenootskap, vertel hoekom dié ras so ‘n goeie belegging is.

Brangus: Waar boerdery en passie ontmoet

Dié geharde poenskop-vleisbeesras word reeds sedert 1965 in Suid-Afrika geteel en is al meer as 40 jaar ’n geregistreerde ras in die land. Brangus is ontwikkel uit die Angus en Brahman.

Alles oor Overberg Agri se vierde Herkouersdag

Die vierde Overberg Agri Herkouersdag word vanjaar op 14 Augustus by die Roodebloem-proefplaas naby Caledon aangebied. Roodebloem se plaasbestuurder, Francois du Toit, en Overberg Agri se landbou-adviseur, Ruben Badenhorst, vertel ons meer.

Must Read

LandbouRadio: 8 April 2026

Estimated reading time: 1 minute In Woensdag, 8 April se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: Ons spring weg met Leon die skaapherder en sy...