Inskrywings stroom in vir suiwelprodukskou

Share This Post

Estimated reading time: 2 minutes

Bloemskou se suiwelprodukskou spog vanjaar met 374 produkinskrywings van 23 vervaardigers landwyd, waarvan vyf vervaardigers nuwelinge is.  Hiermee vestig Bloemskou hom as die tweede grootste suiwelprodukskou in Suid-Afrika.

Die reeks deelnemers wissel van sommige van die land se grootste kommersiële vervaardigers tot kleiner privaatvervaardigers. 

Suiwelmaatskappye kon in 19 klasse inskryf wat onder meer Goudakaas, Cheddarkaas, spesiale- en eksotiese kase, ’n groot verskeidenheid melkprodukte en bok- en skaapmelkprodukte insluit. 

Kundiges beoordeel

Die beoordelingsproses en -standaarde is van die beste in die land. Alle inskrywings word op identiese wyse verpak en dan anoniem aan die beoordelaars oorhandig. 

Twintig beoordelaars van regoor die land sal op Woensdag, 4 Maart 2026, van 9:00 tot 13:00 by die Bloemfontein skougronde se Pavilionsaal die produkte beoordeel. 

Die beoordelaars is almal uiters bekwaam en sluit kenners van Novonesis en die Departement van Landbou in, sowel as individue met meer as 30 jaar se ondervinding in die bedryf, verteenwoordigers van die grootste suiwelmaatskappy, gesoute kaasmakers en Deon Pastor, sjef van Southern Sun International.  

Die uitslae sal tydens die prysuitdeling by vanjaar se Bloemskou bekend gemaak word.

Die jaarlikse Bloemskou word vanjaar van 23 April tot 2 Mei aangebied.  – Bloemskou persverklaring

Vir meer inligting oor Bloemskou, besoek www.bloemskou.co.za of skakel die Bloemskou kantoor gedurende kantoorure by 051 448 9894.

Related Posts

Weeklikse rooivleispryse / Weekly meat prices

Estimated reading time: 5 minutesPlaashekpryse/Farm gate pricesDie jongste vleispryse...

Weeklikse weer met Johan van den Berg

Estimated reading time: 1 minuteJohan van den Berg is...

Domestic pork industry carcass price statistics – Week 34 of 2026

The weekly pork carcass prices are brought to you...

SA goat breeds suit the Zimbabwean landscape

Estimated reading time: 7 minutesPathisani Ncube has a wholly...

Ontwikkel ’n skerp oog vir rasstandaarde en die metodiek van kleinveebeoordeling

Estimated reading time: 7 minutesDie vertoning en beoordeling van...

The South African rabbit meat industry in the spotlight

Estimated reading time: 7 minutesRabbit meat is not as...