Hooggeregshof dwing aksie af ná minister se versuim in BEK-saak 

Estimated reading time: 2 minutes

Vrystaat Landbou (VL) is uiters teleurgesteld en gefrustreerd oor die jongste ontwikkelinge in die voortslepende bek-en-klouseer (BEK)-hofsaak. Die hooggeregshof in Pretoria is op 28 April 2026 genoodsaak om streng sperdatums en ‘n strafkostebevel teen die minister van landbou, John Steenhuisen, en sy departement op te lê weens volgehoue vertragings.  

Die hof het gelas dat die lank uitgestelde Artikel 10-inentingskema teen 5 Mei 2026 gefinaliseer en gepubliseer moet word. Die saak is verder op 11 Mei 2026 vir argumentasie ter sprake gestel. As ‘n duidelike aanduiding van sy ontevredenheid het die hof ook ‘n strafkostebevel teen die respondente toegestaan.  

Hierdie ontwikkelinge spruit uit ’n voortgesette dringende aansoek wat deur VL, Sakeliga en die Suider‑Afrika Agri Inisiatief (Saai) gebring is. Die aansoek betwis die staat se belemmering van die privaatsektor se deelname aan die verkryging en toediening van BEK‑entstowwe. 

Volgens Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou, is dit onaanvaarbaar dat dringende hofverrigtinge telkens vertraag word ten spyte van die ernstige impak van BEK op produsente en landboubesighede. “Die gebrek aan dringendheid en stadige reaksie deur die departement kos produsente miljoene,” sê hy. 

Wilken voeg by dat die jongste uitspraak ’n voortsetting is van ’n patroon van gemiste sperdatums en verskuiwende standpunte deur die minister, insluitend verskeie onvervulde beloftes om ’n werkbare inentingsraamwerk te publiseer. 

Produsente kan nie wag nie  

VL herhaal dat daar geen regsbasis is om te verhoed dat die privaatsektor ‘n betekenisvolle rol in BEK-inenting speel nie. Volgehoue vertragings en onsekerheid stel produsente, landboubesighede en voedselsekerheid in gevaar, terwyl praktiese oplossings onnodig beperk bly.  

“Die werklikheid op die grond is dat produsente die koste van oneffektiwiteit dra. Elke vertraging verhoog risiko, verliese en onsekerheid binne die sektor.”  

Pad vorentoe  

VL bly verbind tot samewerking met die Vrystaatse Departement van Landbou, wat ten spyte van beperkte hulpbronne steeds die provinsiale inentingsprogram dryf. 

Wilken sluit af deur te bevestig dat VL en sy vennote die saak in die hof sal voortsit om te verseker dat enige finale raamwerk doeltreffende, onmiddellike en praktiese siektebeheermaatreëls moontlik maak – insluitend inenting deur die privaatsektor. – Mediaverklaring deur Vrystaat Landbou 

Vir meer inligting, kontak Francois Wilken, VL-president by 083 390 1831, of kommunikasiebeampte, Elana Bester by 082 643 9875, of stuur ’n e-pos aan elana@vslandbou.co.za 

Must read

RSG Landbou: 6 Mei 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor katbos en hittestres by kleinvee. Katbos Het jy geweet katbos, wat groot probleme vir landbouers veroorsaak,...

LandbouRadio: 6 Mei 2026

In Woensdag, 6 Mei se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: In Leon die skaapherder se Woensdagwenk, gesels hy oor blaasstene. Johan gesels met Judi...

Dinamika en ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse lusernhooibedryf: Produsentepryse (Deel 4)

Estimated reading time: 7 minutes Vorige artikels in hierdie reeks het gefokus op aspekte soos die gradering, gehalte, produksiegebiede en produksiemetodes van lusernhooi. In hierdie...

Glaring lack of industry contributions in gazetted FMD vaccination scheme

Estimated reading time: 7 minutes The final Section 10 Routine Vaccination Scheme for Foot and Mouth Disease (FMD) was published in the Government Gazette on...

Mosdene Borans make their mark

Estimated reading time: 7 minutes When the bid closed on R2 million for the Boran bull Odysseus (E18-138), it took mere minutes for the Mosdene...