Tuesday, October 22, 2024
HomeAgri NewsRus in vrede, dok Jan du Preez

Rus in vrede, dok Jan du Preez

‘n Bekende veearts en bekende in landboukringe, dr Jan du Preez, is op 12 Februarie vanjaar onverwags oorlede. Dok Jan, soos hy onder sy vriende en kollegas bekendgestaan het, is op die ouderdom van 76 jaar dood in sy Pretoria-woning aangetref. Hy is vermoedelik vroeg die oggend reeds aan natuurlike oorsake oorlede.

Die ewige student

Dr du Preez, gebore 19 April 1948, was ‘n gerekende veearts in veral die suiwelbedryf en het gespog met ‘n rits akademiese kwalifikasies. Hy het verskeie kwalifikasies aan die Universiteit van Pretoria (UP) verwerf, waaronder BVSc, MMedVet (Hyg), PhD, DVSc en nagraadse diplomas in veeartsenykundige volksgesondheid en tersiêre opleiding. In 1972 het hy ook ‘n lid geword van die Britse Royal College of Veterinary Surgeons.

Hy het tydens die Covid-pandemie in 2020 vir sy derde doktorsgraad (Veekunde) ingeskryf en alhoewel hy sy skripsie voltooi het, het sy promotor die universiteit verlaat en is die graad nie toegeken nie. Die skripsie handel oor die sogenaamde troika-impak van hittestres, ensoötiese beesleukose en mastitis op Suid-Afrikaanse melkkuddes. Dr du Preez was passievol oor die onderwerp van beesleukose en mastitis, en het baie jare aan die studie van hierdie siektes spandeer.

Hy was sewe jaar in ‘n privaatpraktyk in Letsitele betrokke en het vir tien jaar as senior lektor en professor in veeartsenykundige volksgesondheid by die UP gewerk. Daarna het hy nog tien jaar as navorser en senior spesialis-wetenskaplike by Onderstepoort Veeartsenykundige Instituut spandeer.

Hy was die stigter van die Melkprodusente-organisasie (MPO) se Instituut vir Suiweltegnologie (IST) waar hy en sy kollegas oor ‘n 15-jaar tydperk opleidingsprogramme ontwikkel het vir kommersiële en opkomende melkprodusente asook melkstalwerkers. In hierdie tyd (2001 tot 2006) was hy ook ‘n direkteur by die MPO. Hy was die afgelope klompie jare die besturende direkteur van die maatskappy, UCK Investments, wat die uitvoer van vee na veral Afrika-lande behartig het.

Diep spore

Hy het 53 wetenskaplike en meer as 600 semi-wetenskaplike publikasies die lig laat sien. Hy was die outeur en mede-outeur van 17 boeke. Hy het ook heelwat van sy navorsingswerk in artikelvorm gepubliseer en was ‘n gereelde bydraer in publikasies soos The Dairy Mail en Veeplaas.

Ten tyde van sy dood was hy besig met die opdatering van sy bekende boek, Entstowwe en die immunisering van plaasdiere, wat hy saam met mede-outeur, dok Faffa Malan, geskryf het. Dr du Preez het deur die loop van sy indrukwekkende loopbaan verskeie referate gelewer, nasionale en internasionale kongresse toegespreek en eretoekennings ontvang.

Die landboubedryf, en veral die melkbedryf, betreur dr Du Preez se heengaan. Sy ongelooflike kennis en insig laat ‘n groot leemte. – Lynette Louw, Plaas Media en Hanlie du Plessis, AgriConnect

Katoen-verwysingsprys: Week van 14 tot 18 Oktober

Die Suid-Afrikaanse Katoenprodusente-organisasie (SAKPO), met die ondersteuning van Katoen SA, het ’n platform geskep om elke week ’n gemiddelde...

RSG Landbou: 21 Oktober 2024 – geborg deur Plaas Media

‘n Bekende in landboukringe, Japie Grobler, wat ook as voorsitter van Agri SA gedien het, het tydens dié organisasie...

Three-day stiffsickness: A threat during the summer breeding season

Estimated reading time: 4 minutes Three-day stiffsickness (TDS) is a viral cattle disease transmitted by biting insects, posing a significant...

Die landboubedryf vanuit alle hoeke bekyk op Plaas TV

Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ’n opsomming van dié week...

Landbou Markte: September 2024

Estimated reading time: 3 minutes Die Rand het tydens September ‘n stabiele maand teenoor die dollar en die euro ervaar...

Domestic pork industry carcass price statistics – Week 41 of 2024

The weekly pork carcass prices are brought to you by the South African Pork Producer's Organisation (SAPPO). Click here for...

Keep exploring...

Landboumarkoorsig van Desember 2023: Die rand versterk

Estimated reading time: 2 minutes Die rand het tydens Desember ‘n redelike stabiele maand ervaar en teen die einde van die maand versterk. Die maand...

Landboumarkte: Rand, mielies en wol verswak in Januarie

Estimated reading time: 2 minutes Hier volg die oorsig van die landboumarkte in Januarie 2024.Die rand het die jaar goed begin en het gedurende...