HomeMarketsLandboumarkte: Rand, mielies en wol verswak in Januarie

Landboumarkte: Rand, mielies en wol verswak in Januarie

-

Estimated reading time: 2 minutes

Hier volg die oorsig van die landboumarkte in Januarie 2024.Die rand het die jaar goed begin en het gedurende die eerste helfte van Januarie stoom verloor, maar weer effe herstel na die einde van die maand toe. Die rand het die maand teen R18,71 teenoor die Amerikaanse dollar en R20,21 teenoor die euro afgesluit. Beide die verbruikersprysindeks (VPI) en die produsente prysindeks (PPI) het vir die tweede opeenvolgende maand gedaal. In November het die VPI op 5,1% (jaar-op-jaar) gestaan en die PPI het tot 4% (jaar-op-jaar) gedaal (Figuur 1).

Die geelmielieprys het aanhou verswak gedurende die maand en het Januarie afgesluit met ʼn prys van R3635/ton.

Die wolmark het die nuwe jaar sterk begin met ʼn aanwyserprys vir gesertifiseerde skoonwol van R182,28/kg, maar het met die daaropvolgende veilings  verswak as gevolg van die Australiese wolmark wat afwaarts druk ervaar het gedurende die maand. Die aanwyserprys vir gesertifiseerde skoonwol het in Januarie teen R172,67/kg gesluit.

Beeskarkaspryse het tydens Januarie taamlik sywaarts beweeg met ‘n marginale prys verswakking aan die einde van Januarie. Die A2-prys het teen R55,13/kg gesluit, die B2-prys teen R49,13/kg en die C2-teen R47,65/kg. Die speenkalfprys was taamlik stabiel hierdie maand met geen drastiese prysveranderings nie en dit het op R35,76/kg gesluit.

Skaapkarkaspryse het redelik konstant gebly tydens Januarie met ‘n klein styging in A2-  en C2-skaapkarkaspryse in vergelyking met Desember. Die A2-prys het teen R84,03/kg gesluit, die B2-prys teen R62,49/kg en die C2-prys teen R59,39/kg. Die gemiddelde speenlampryse is op ‘n afwaartse tendens en het met R1,96/kg gedaal gedurende die maand. Die gemiddelde prys het teen R37,67/kg gesluit.

Lees meer oor ander landboumarkte.

Die prys van klas O-varkkarkasse ervaar steeds ‘n afwaartse druk soos gesien aan die einde van 2023 en het Januarie teen R32,42/kg afgesluit. – Meyer van der Merwe, Siphiwe Tshabalala  en WA Lombard, Departement Landbou-ekonomie, Universiteit van die Vrystaat.

Must Read

Extensive research conducted on disease resistance

Every year animal diseases lead to millions of rand worth of production losses. Since control is becoming increasingly more expensive and challenging, scientists are...