Saturday, September 14, 2024

Landboumarkoorsig van Desember 2023: Die rand versterk

Estimated reading time: 2 minutes

Die rand het tydens Desember ‘n redelike stabiele maand ervaar en teen die einde van die maand versterk. Die maand is afgesluit teen R18,30 en R20,20 teenoor Amerikaanse dollar en die Euro onderskeidelik. Beide die verbruikersprysindeks (VPI) en die produsenteprysindeks (PPI) het in November afwaarts beweeg, die VPI het na 5,5% (jaar-op-jaar) beweeg en die PPI het ook na 4,6% (jaar-op-jaar) gesak.

Die geelmielieprys het ‘n wisselvallige maand beleef, en het ongelukkig begin verswak toe die reën kom en het Desember met ‘n prys van R3839/ton afgesluit.

Die bokhaarmark het die laaste veiling van 2023 gehad met pryse wat vanaf die vorige veiling onveranderd gebly het. Die aanwyserprys vir die veiling was R330,28/kg.

Beeskarkaspryse het ‘n baie stabiele maand beleef met pryse wat slegs klein versterkings getoon het. Die A2-prys het teen R56,65/kg gesluit, die B2-prys teen R50,07/kg en die C2-prys teen R48,02/kg. Die skaapkarkaspryse is op dieselfde tendens as die van beeskarkasse, maar met beter versterking in die prys. Die skaap A2-prys het teen R85,68/kg gesluit, die B2-prys teen R64,98/kg en die C2-prys teen R61,03/kg.

Kry die rooivleispryse hier.

Die prys van klas O-varkkarkasse (Figuur 1) bly op ‘n afwaartse tendens en het 2023 teen R34,45/kg afgesluit. – Hannes Venter en Dr WA Lombard, Departement Landbou-ekonomie, Universiteit van die Vrystaat.

Figuur 1: Die prys van klas O-varkkarkasse.