Die krag van kalk

Estimated reading time: 2 minutes

Ultrafyn kalk bied nie net gemak van toediening nie, maar lewer ook uitstekende prestasie. Die aanwending van ultrafyn kalk in suspensie bied die nodige beheer tydens eenvormige verspreiding sonder enige stof. Partikelgroottes van vyf tot 15 mikron verhoog reaktiwiteit en reaksietempo, omdat die deeltjies tussen die groter gronddeeltjies kan beweeg. Die deeltjies kan tot 15 cm diep in die grond beweeg, waar hulle die pH-waarde en kalsium-magnesiumverhoudings verbeter, asook die mikrobiese aktiwiteit en beskikbaarheid van voedingstowwe verhoog.

Doeltreffende grondregstelling

Kalk verbeter grondtoestande sodat plante beter floreer. Vanweë die verhoogde reaktiwiteit van ultrafyn kalk, kan dit op enige tydstip voor of selfs ná plant toegedien word. Ultrafyn kalk kan selfs deur besproeiingstelsels toegedien word, met kleiner dosisse wat tydens die groeiseisoen toegedien kan word.

Die reaktiwiteit hang van die tipe kalk af, omdat die kalsiumkarbonaatekwivalent (KKE) en/of magnesiuminhoud tussen kalkbronne verskil. Die fynheid van die kalk speel ook ‘n rol: hoe fyner en hoër die kalkbron se KKE, hoe vinniger en meer doeltreffend is die reaksie in die grond.

World Focus Agri se ultrafyn kalk en gips is só fyn, dat dit in suspensie toegedien moet word. Aangesien kalk water benodig om te reageer, begin die reaksie direk ná toediening.

Toediening van ultrafyn kalk

Grond met ’n lae katioonuitruilkapasiteit (KUK) reageer op relatief klein hoeveelhede kalk, en met ultrafyn kalk kan hierdie hoeveelhede meer gereeld toegedien word. Grond met ’n hoë KUK benodig daarenteen groter hoeveelhede kalk; dit kan ook jare neem voordat bekalking weer nodig is.

Oor die algemeen kan ultrafyn kalk of gips deel van die jaarlikse bemestingsprogram vorm. By rygewasse kan dit ook in die kunsmisband toegedien word om die pH-verlaging te neutraliseer wat ontstaan deur die oksidasie van gereduseerde stikstofkunsmis wat toegedien is.

Die voordele van ultrafyn kalk en gips sluit maklike toediening, hoër reaktiwiteit, vertikale beweging in die grond en laer vervoerkoste in. Vertrou op World Focus Agri se ultrafyn kalk- en gipsprodukte, Complex Calsus, CCM en Complex Calsul – dis geskik vir alle gewasse en word maklik met ’n spuitboom of besproeiingstelsel toegedien. – At van Schalkwyk, World Focus Agri

Vir meer inligting, stuur ’n e-pos na at@worldfocusagri.co.za of besoek www.worldfocusagri.co.za/home.

Must read

Weeklikse rooivleispryse / Weekly meat prices

Estimated reading time: 5 minutesPlaashekpryse/Farm gate pricesDie jongste vleispryse word weekliks aan u gebring deur Absa en die RPO. Neem kennis dat hierdie nie...

Domestic pork industry carcass price statistics – Week 35 of 2026

The weekly pork carcass prices are brought to you by the South African Pork Producer's Organisation (SAPPO).Click here for this week's report.How are these...

Agri Noord-Kaap-kongres: Die toekoms van landbou in die Noord-Kaap

Estimated reading time: 4 minutesDie lewe verander vinnig en die landbou bly nie agter nie. Daar is gedurige nuwe tegnologie wat landbou vergemaklik en...

Calls for South Africans to stand ‘stronger together’ against rabies

Estimated reading time: 3 minutesSouth Africa joins the global community on 28 September to commemorate World Rabies Day under the theme, “Stronger together”. The...

Mohair in demand, despite lower prices

Estimated reading time: 2 minutesProducers should not panic about the first winter auction’s lower prices for adult mohair, caused by a slight oversupply of...