Veeplaas
Veeplaas is a livestock magazine that looks at the agricultural industry through the eyes of a livestock farmer. The magazine focuses on what affects the livestock farmer’s profit margins and steers clear of politics. The magazine is ideal for cattle, sheep, goat, wool, dairy and game farmers. This page contains a selection of articles from the magazine.
Lees Veeplaas in September 2026
Die hoofartikel in die September-uitgawe van Veeplaas fokus op die varkbedryf: Stygende voer-, energie- en brandstofpryse, lae binnelandse per kapita-verbruik, strawwe kompetisie van goedkoper ingevoerde varkvleis, en hoogs aansteeklike siekte-uitbrekings skep ’n uitdagende omgewing. Verder het ons by Veronica Rorich, 2026 se Veeplaas Klimaatslim Ambassadeur, en Simon Goble, ’n produsent met vrylopende varke, gaan aanklop om meer te leer oor hul klimaatslim en diervriendelike boerderypraktyke. Bly voor in die koor met die nuutste insigte, strategiese wenke en onmisbare kennis wat jou boerdery vooruit neem.
Ook in Veeplaas September 2026
- Die Suid-Afrikaanse varkbedryf in die kollig.
- Is metaan se bydrae tot aardverwarming betekenisvol?
- Artikel 9 en BEK-inentings: Wat boere moet weet.
- Lamb Champs Pretoria 2026 smaak behoorlik na sukses.
- Suid-Afrika: Die wêreldleier in sybokhaar.
- NWKV: 100 jaar van uitnemendheid (Deel 5)
- Karoo Winterwolfees vier ’n blink woltoekoms.
- Wol in die kollig by die 95ste IWTO-kongres.
- Holstein-koeie: ’n Verlengde VWP (Deel 3).
- Die sleutel tot suiwelkultuurgehalte.
- Sintuie in diens van kaas – ’n sensoriese werkswinkel.
- Weidingsgehalte in die berugte doodmaakmaande.
- Groenweiding: Voedsaam, maar onvolledig.
- Die harde feite van veldbestuur.
- Water-oudits: Klein kontroles voorkom groot verliese.
- Kuilvoergesprek: Kuilvoerinname in die kollig
- Beter genetika danksy sinkronisasie.
- Instandhouding voor die lamseisoen.
- Die hoe en wat van bloubosluise.
- Klouprobleme en mankheid by varke.
- Versterk jong diere se biesmelkimmuniteit.
- ’n Vierbeen-patrollie op die plaas.
- En vele meer!
Kry jou September 2026-uitgawe van Veeplaas vandag nog by jou naaste kleinhandelaar of maak seker dat jy daarop inteken. Veeplaas is as ’n interaktiewe blaaiboek by https://digimags.agriorbit.com/books/Veeplaas-September-2026_digimag/ beskikbaar en kan ook by www.magzter.com aangekoop word. Kontak Rochelle George by 064 890 6941 om in te teken op die PDF-weergawe of hardekopie.





