Tuesday, October 22, 2024

Beaufort-Wes-landbouskou: ’n Fees vir produsente en besoekers

Estimated reading time: 3 minutes

Beaufort-Wes, een van die grootste dorpe in die Karoo, is nie net bekend vir sy ryk geskiedenis en kultuur nie, maar ook vir sy jaarlikse landbouskou. Van 7 tot 9 Maart 2024 sal dié dorp sy 164ste landbouskou aanbied. Die skou sal weereens die geleentheid bied om landbou te bevorder en die kollig plaas op een van dié gebied se belangrikste ekonomiese bydraers.

Die landbouskou is ’n fees vir produsente en besoekers, wat ’n verskeidenheid van aktiwiteite en uitstallings kan geniet. Die veeprogram sluit die volgende in:

  • Slaglamkompetisie.
  • Merino- en Dorperskou.
  • Jeugskoukompetisie.
  • Top 12-Persieskou.
  • Meatmaster-uitstalling en besprekingsdag met plaaslike telers en belangstellendes.

Ander landbou-aktiwiteite

Kom geniet ook ‘n heerlike boere-ontbyt op 9 Maart om 08:30. Daar sal vier spesiale gassprekers wees: Frikkie Maré, uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie, Theo Venter, ‘n politieke-analis, Izak Staats, uitvoerende hoof van wol en bokhaar by BKB, en Matie van Graan, ons eie “Boerboel-tannie” wat “alles van landbou weet”. Die kaartjies kos net R200.

Daarmee saam sal masjinerie, produkte en toerusting, wat die nuutste ontwikkelings in landboutegnologie en -masjinerie insluit, uitgestal word.

Besoekers kan ook na ’n perdeprogram uitsien. Die skou verwelkom weer vanjaar die Suid-Afrikaanse Hackney-kampioenskappe met groot trots. Dit is ‘n moet-sien vir diereliefhebbers. Verder sal plaaslike perdeliefhebbers bymekaarkom om die omgewing se top perde te skou.

Ander vermaak by Beaufort-Wes-skou

Die Beaufort-Wes-skou beloof om ’n vermaaklikheidsfees te wees. Die immergewilde “Merry-Go-Round” sal weer vir baie pret sorg en daar sal ander kindervermaak ook wees. Die hoogtepunt van die skou is die skoudans, waar ’n skoukoning en -koningin gekroon sal word. Die gaskunstenaar vir die aand is Wicus van der Merwe en sal daar ook ‘n plaaslike platejoggie wees om die litte los te maak.

Kom beleef ‘n dag vol pret en opwinding by ons fees. Daar is iets vir almal en ook talent-, baba-, diere-, en potjiekoskompetisies. Jy kan ook smul aan heerlike kos, kyk na verskeie uitstallings en ontspan in die gewilde wyntuin. Moet ook nie die Cowboy-kroeg misloop nie, waar jy ‘n uitsig op die perde-arena het.

Die waarde van Beaufort-Wes-skou

Die Beaufort-Wes-landbouvereniging bied hierdie skou aan sodat die hele gemeenskap bymekaar kan kom en daarom bied dit iets vir elkeen in die gemeenskap.

Dit is nie net ’n geleentheid om landbou te vier nie, maar ook om die gemeenskap van Beaufort-Wes en sy produsente te ondersteun en te waardeer. Die skou is ’n belangrike platform vir produsente, besighede en organisasies om mekaar te ontmoet en kennis uit te ruil. Die skou is ook ’n bron van inkomste en skep werksgeleenthede vir die dorp en sy mense.

Lees ‘n artikel oor die waarde van landbouskoue.

Die landbouskou is ’n moet vir almal wat belangstel in landbou, die Karoo, of wat net ’n lekker dag uit wil hê. Moet dit beslis nie misloop nie – kom maak ’n draai by Beaufort-Wes se 164ste landbouskou!

Vir meer inligting, kontak Linda Truter by 076 016 6556 of Amelia Nel by 082 920 5962.

Three-day stiffsickness: A threat during the summer breeding season

Estimated reading time: 4 minutes Three-day stiffsickness (TDS) is a viral cattle disease transmitted by...

The fight against bovine brucellosis: Is there a solution?

Estimated reading time: 6 minutes Brucellosis is a notifiable zoonotic disease that requires immediate reporting...

Trigomoniase: As jy nie toets nie, sal jy nie weet nie

Estimated reading time: 4 minutes Trigomoniase is die algemeenste geslagsoorgedraagde siekte ter wêreld by ekstensiewe...

Verantwoordelike versorging van melkkalwers

Estimated reading time: 7 minutes Verbruikers se aankoopbesluite word meer beïnvloed deur dierewelsyn, smaak en...