Estimated reading time: 3 minutes
Sommige legendes word gebore… ander word deur passie, toewyding en generasies se genetika gebou.
Die Bendito Bonsmara-verhaal het sy oorsprong gevind in Pieter Labuschagne se liefde vir diere en sy passie vir landbou. Wat as ’n droom begin het, het met harde werk en ’n duidelike visie ontwikkel tot ’n kudde waarop daar vandag met trots gebou word.
In 2017 is die eerste kommersiële beeste aangekoop by Frikkie Kruger van Kruger Bonsmaras. Net ’n jaar later, in 2018, is topgenetika ingekoop vanaf Up George Bonsmaras, Syferfontein Bonsmaras en Charl Uys, waarna Bendito sy stoettelery begin vestig het.
Vandag is daardie passie sigbaar in elke dier wat aangebied word.
By Bendito glo ons dat ware genetika waarde moet toevoeg — nie net vir die stoetteler nie, maar ook vir die kommersiële boer. Daarom fokus ons op die eienskappe wat werklik winsgewendheid bepaal: vrugbaarheid, kalfgemak, goeie speengewigte en funksionele, winsgewende diere wat jou inkomste per hektaar verhoog.
Bendito Bonsmara het die laaste aantal jare goud en dubbel goud Elite toekennings ontvang by Stamboek se Logix streeks.
Hierdie jaar se veiling, “Legendes van die Veld”, bied uitsonderlike genetika wat oor jare opgebou is. Van die bulle op aanbod is kleinseuns van die legendariese Maestro, ’n bul wat ’n diep en blywende invloed op die Bonsmara-ras gehad het. Hierdie sterk genetiese basis bied produsente die geleentheid om hul kuddes doelgerig te verbeter.
Op aanbod:
- 20 Topgehalte stoetbulle.
- 10 Stoetkoeie.
- 150 Kommersiëlediere in verskillende produksiestadiums.
Hierdie bulle en nog meer is op aanbod:
Of jy ’n kommersiële produsent of ’n stoetteler is, hierdie is ’n veiling waar kwaliteit, prestasie en bewese genetika hand aan hand stap.
Veilingbesonderhede:
- Donderdag, 30 Julie 2026 om 11:00vm.
- Boerevereniging Veilingskrale, Hoopstad.
- Ook aanlyn beskikbaar via SwiftVEE.
Legendes begin die vorige dag…
Veilingdiere sal vanaf 15:00 op Woensdag, 29 Julie 2026 beskikbaar wees vir besigtiging. Kom beleef die uitsonderlike genetika van naderby, ontmoet die Bendito-span en geniet ’n gesellige kuier.
Om 19:00 tree Chris Steyn (“Plakkies”) op en sorg vir egte plattelandse vermaak – die perfekte afskop vir Legendes van die Veld.
Kom geniet die veiling saam met ons.
Ons sien uit daarna om u by Legendes van die Veld te verwelkom. Vir enige navrae kontak ons gerus Pieter Labuschagne by 082 775 1935
Bendito Bonsmara – waar passie, prestasie en genetika saam ’n nalatenskap bou.
