In Vrydag, 28 Augustus se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:
- Ons skop die program af met ‘n kraakvars landbounuusbulletin en weervoorspelling.
- Dr Danie Odendaal, direkteur van Veearts Netwerk gesels in ons weeklikse dieregesondheidspraatjie oor die evaluering van na-inentingsreaksies en situasies wat met inenting vermy moet word.
- Johan gesels met Hendrik Meyer van Rhenostervallei Beefmasters oor hulle veiling wat op 12 September by die Warmbad Veemark plaasvind.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
