In Maandag, 24 Augustus se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:
- Ons skop die program af met ons maandelikse internasionale landbounuusbulletin.
- Dr WA Lombard gesels oor hoe die landboumarkte in Julie gevaar het.
- Prof Johan Willemse is aan die woord met sy weeklikse landboumarkverslag.
- Jimmy Roberts van die Brangus-beestelersgenootskap het tydens hulle algemene jaarvergadering met Christal-Lize Muller gesels oor belangrike kwessies en toekennings wat gemaak is.
- Johannes Pienaar van die Predasiebestuursforum gesels met Koos du Pisanie oor ‘n predasiebestuurskursus.
- John Melville brei uit oor skeerfasiliteite tydens skeertyd.
- Johan gesels met Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA, oor hulle veldtog teen voorgestelde wysigings aan die Vuurwapenbeheerwet.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
