In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die werksaamhede van Wildbedryf SA, Vlakte Bonsmara se veiling en ons ontvang die nuutste weervooruitsigte en vleispryse.
WRSA-stigting
Het jy geweet wildboerdery in Suid-Afrika bestaan uit meer as twintig miljoen hektaar en dié plase dra drie keer meer wild as nasionale en ander wildparke in Suid-Afrika? Die Wildbedryf SA-stigting help wildboere in nood, ontwikkel die jeug, bied vaardigheidsontwikkeling en nog baie meer. Ons gesels met Sareta Schutte oor die werksaamhede van dié stigting.
Nuutse weervooruitsigte en vleispryse
Winter is hier, het Johan van den Berg in verlede week se weergesprek gewaarsku. Kom luister wat hy hierdie Donderdag in RSG Landbou te sê het oor ons dalende temperature. Chris Derksen is ook op sy pos met die nuutste vleispryse vanaf veilings in die Noord-Vrystaat.
Vlakte Bonsmara hou veiling
Verder praat Kobus du Toit van Vlakte Bonsmara oor dié groep se veiling van 11 Junie.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.
