In Dinsdag, 12 Mei se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:
- Johan gesels met dr Bernice Mostert, senior genetikus by SA Stamboek, oor Suffolk-ramme wat ‘n groot bydrae tot die ras gelewer het.
- Prof Jan Myburgh gesels oor watergehalte en hoe dit melkplase kan affekteer.
- Izaan du Plooy van die Lewendehawe Registrerende Federasie, vertel van die sprekers wat reeds vasgemaak is vir vanjaar se LRF Veeskool by Aldam.
- Johan gesels met dr Pieter Hauman, hoof uitvoerende beampte van Fertasa, oor hulle werksaamhede en verantwoordelike, asook volhoubare kunsmisgebruik.
- Dawie Killian van die OVK-wolkantoor is aan die beurt met die nuutste verwikkelinge in die wolmark.
Vandag se program word aan jou gebring deur BKB – die betroubare tuiste van landbou.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.



