In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die Brangus Global Exchange-projek en Hendrik Jordaan se indrukke van plaaslike Brangus-teling.
Brangus Global Exchange-projek
Het jy geweet die Suid-Amerikaanse land, Uruguay, is omtrent so groot soos die Vrystaat – en hul nasionale Brangus-kudde bestaan, net soos Suid-Afrika se totale beeskudde, uit tussen 13 en 14 miljoen diere? Pieter Swart, raadslid vir spesiale projekte by die Suid-Afrikaanse Brangus-beestelersgenootskap, vertel meer oor die Brangus Global Exchange-projek en die onlangse besoek deur ‘n afvaardiging van Suid-Amerikaanse Brangus-telers aan Suid-Afrika.
Indrukke van plaaslike Brangus-teling
Ons hoor ook by Hendrik Jordaan, ‘n Suid-Afrikaner wat in Argentinië bly en as tolk vir die groep opgetree het, oor hul indrukke van plaaslike Brangus-teling.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.

