In Woensdag, 15 April se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:
- Leon die skaapherder is eerste aan die beurt met sy Woensdagwenk, en vandag praat hy oor die sigvermoë van kleinvee.
- Johan gesels met dr Jane Buys, veiligheidsrisiko-analis by Vrystaat Landbou oor diesel-, mielie-, vee- en koperkabeldiefstal in die Vrystaat.
- Wandile Sihlobo, hoofekonoom van Agbiz, praat oor die ontginning van uitvoermarkte.
- Johan Odendal, voorsitter van die Vrystaat Landbou Jongboerkomittee, vertel meer oor hulle konferensie.
Hierdie week se LandbouRadio word met trots aan jou gebring deur BKB – die betroubare tuiste van landbou.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.